Eksodus 20:8-14

Eksodus 20:8-14 AFR20

Gedenk die Sabbatdag deur dit heilig te hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is 'n Sabbat ter ere van die HERE jou God. Jy mag geen werk doen nie, nie jy en jou seun en jou dogter, jou slaaf en jou slavin, jou diere en jou •vreemdeling wat by jou is nie. Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde en die see gemaak, en alles wat daarin is, maar op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die Sabbatdag geseën en dit geheilig. Behandel jou vader en jou moeder met eerbied, sodat jy lank kan leef op die grond wat die HERE jou God vir jou gaan gee. Jy mag nie moord pleeg nie. Jy mag nie egbreuk pleeg nie.