EKSODUS 20:8-14

EKSODUS 20:8-14 NLV

“Onthou om die Sabbatdag vir God te vier. Ses dae lank kan jy met jou daaglikse werk aangaan. Die sewende dag is die HERE jou God se rusdag. Niemand in jou huis mag op daardie dag aangaan met gewone werk nie. Dit sluit in: jy, jou seuns en dogters, jou manlike en vroulike slawe, die vee wat aan jou behoort en alle buitelanders wat by jou oorbly. Die HERE het in ses dae die hemel, die aarde, die see en alles wat daarin is, gemaak. Op die sewende dag het Hy tot rus gekom. Om daardie rede het die HERE die sewende dag geseën en vir Homself eenkant gesit as sy heilige dag. “Behandel jou ouers met respek. Jy sal dan lank en gelukkig lewe in die land wat die HERE vir jou gee om in te bly. “Moenie mense doodmaak nie. “Moenie egbreuk pleeg nie.

Video vir EKSODUS 20:8-14

Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 20:8-14