Eksodus 2:16-22

Eksodus 2:16-22 AFR20

Die priester van Midian het sewe dogters gehad. Hulle het daar aangekom om water uit die put op te trek en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink. Maar daar het veewagters opgedaag en hulle weggejaag. Moses het opgestaan, hulle gehelp en hulle kleinvee laat drink. Toe hulle by Reüel, hulle vader, kom, sê hy: “Waarom is julle vandag so gou terug?” Hulle het geantwoord: “Daar was 'n Egiptiese man wat ons uit die hand van die veewagters gered het. Hy het ook vir ons genoeg water uit die put opgetrek en die kleinvee laat drink.” Daarop sê hy vir sy dogters: “En waar is hy nou? Waarom het julle die man dan daar agtergelaat? Roep hom, sodat hy iets te ete kan kry.” Moses het ingewillig om by die man te bly en hy het sy dogter, Sippora, vir Moses as vrou gegee. Sy het aan 'n seun geboorte gegee, en Moses het hom Gersom genoem, “Want,” het hy gesê, “ek het 'n •vreemdeling geword in 'n vreemde land.”

Video for Eksodus 2:16-22

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 2:16-22