Eksodus 10:21-23

Eksodus 10:21-23 AFR20

Die HERE het vir Moses gesê: “Strek jou hand uit na die hemel, sodat daar 'n duisternis oor Egipteland kom, 'n tasbare duisternis.” Moses het sy hand na die hemel uitgestrek, en drie dae lank was daar 'n diepe duisternis oor die hele Egipteland. Die mense kon mekaar nie sien nie, en drie dae lank het niemand van sy plek af opgestaan nie. Vir al die Israeliete was dit egter lig in hulle woonplekke.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid