Dit is die name van die Israeliete wat saam met Jakob na Egipte gegaan het, elkeen met sy huisgesin: Ruben, Simeon, Levi en Juda; Issaskar, Sebulon en Benjamin; Dan en Naftali, Gad en Aser. Daar was altesaam sewentig persone wat direk van Jakob afgestam het. Josef was toe reeds in Egipte. Josef, al sy broers en daardie hele geslag het gesterf. Maar die Israeliete was vrugbaar en het vermenigvuldig; hulle het vermeerder en besonder talryk begin word. Die land was vol van hulle.
Lees Eksodus 1
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Eksodus 1:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's