Haman het op daardie dag bly en in 'n opgeruimde stemming weggegaan. Maar toe Haman vir Mordegai in die koningspoort gewaar en sien dat Mordegai nie uit respek vir hom opstaan en bewe van vrees vir hom nie, het Haman woedend geword vir Mordegai. Maar Haman het homself bedwing en huis toe gegaan. Hy het sy vriende en sy vrou, Seres, laat kom en by hulle gespog oor sy oorvloedige rykdom, sy baie seuns, en al die maniere waarop die koning hom vereer en bevorder het bo die ander •hoë amptenare en dienaars van die koning. “Maar dit is nog nie al nie,” het Haman gesê. “Ek is die enigste persoon vir wie koningin Ester genooi het om saam met die koning na die feesmaal te gaan wat sy voorberei het. En ek is ook môre saam met die koning na haar genooi. Maar dit alles baat my niks solank as wat ek vir Mordegai, die Jood, in die koningspoort sien sit nie.” Seres, sy vrou, en al sy vriende het vir hom gesê: “Laat hulle 'n paal gereedmaak, vyftig el hoog. Praat môre met die koning hieroor, sodat hulle Mordegai daaraan hang. Daarna kan jy opgeruimd saam met die koning na die feesmaal gaan.” Haman het van hierdie voorstel gehou en die paal gereedgemaak.
Lees Ester 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: Ester 5:9-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's