Ester 4:1-4

Ester 4:1-4 AFR20

Toe Mordegai uitvind wat alles gebeur het, het hy 'n roukleed aangetrek, met as op sy kop. Hy het uitgegaan, die stad in, en hard en bitterlik geweeklaag. Hy het tot net voor die koningspoort gekom, want niemand met 'n roukleed aan kon by die poort ingaan nie. In al die provinsies en streke waar die besluit en die wet van die koning bekend geword het, was daar groot droefheid onder die Jode. Hulle het gevas en gehuil en gerou, en baie het in sak en as gaan lê. Toe Ester se diensmeisies en eunugs haar hiervan kom vertel, is die koningin oorweldig deur angs. Sy het vir Mordegai klere gestuur om aan te trek en sy rouklere te vervang, maar hy het dit nie aanvaar nie.