Toe Mordegai hoor wat gebeur het, het hy sy klere geskeur. Hy het rouklere aangetrek en as op sy kop gegooi. Hy is in die stad in en het hard en droewig loop en huil. Hy het voor die ingang van die paleis gaan staan. Iemand met rouklere aan was nie toegelaat om deur die hek in te gaan nie. In elke provinsie waar die besluit en opdrag van die koning afgekondig is, was die Jode baie hartseer. Hulle het gevas en gehuil en getreur. Baie het rouklere aangetrek en as oor hulle gegooi. Koningin Ester se diensmeisies en die haremamptenare het haar van Mordegai kom vertel. Sy was baie ontsteld. Sy het vir hom ander klere gestuur om in die plek van sy rouklere aan te trek. Hy het geweier.
Lees ESTER 4
Luister na ESTER 4
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: ESTER 4:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's