Efesiërs 5:8-14

Efesiërs 5:8-14 AFR20

Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig! Die vrug van die lig bestaan immers uit alle goedheid en •geregtigheid en waarheid. Beproef wat vir die Here aanneemlik is. Ja, moenie deel hê aan die onvrugbare werke van die duisternis nie; stel dit eerder aan die kaak. Want die dinge wat deur hulle in die geheim gedoen word – selfs net om daaroor te praat, is skandelik. Tog word alles wat deur die lig ontmasker word, openbaar; immers, alles wat sigbaar word, is lig. Daarom word gesê: Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood en •Christus sal sy lig oor jou laat skyn.

Video for Efesiërs 5:8-14