EFESIËRS 5:8-14

EFESIËRS 5:8-14 NLV

Jul-le lewe was vroeër nag! Nou egter, deur julle ver-bon-denheid met die Here, is julle in-der-daad die ene lig. Leef dan soos mense van die lig. Uit dié lig kom mos alles wat goed en reg en waar is. Vind uit watter dinge die Here tevrede stel en moenie aanhou deelneem aan die nuttelose werke van die duisternis nie. Nee, ont-masker eerder hierdie werke, want mense doen in die geheim dinge wat te skandelik is vir woorde. Maar as die lig daarop skyn, kom alle dinge se wa-re ka-rakter aan die lig, en alles waarvan die ware ka-rak-ter aan die lig kom, is self lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap; staan op uit die dood, en Christus sal jou verlig!”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid