“ Wees versigtig dat jy nie die HERE jou God vergeet deur nie sy gebooie, sy beslissings en vaste voorskrifte wat ek vandag vir jou voorskryf, na te kom nie. Wees versigtig dat, wanneer jy eet en versadig word en goeie huise bou en bewoon, en jou beeste en kleinvee vermeerder, en jy vir jouself baie silwer en goud verkry, en alles wat jy het, meer word, dat jou hart dan nie hoogmoedig raak en jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit 'n plek van slawerny, uitgelei het nie. Dit is Hy wat jou gelei het deur die groot en vreesaanjaende woestyn vol giftige slange en skerpioene, 'n dor land waar daar geen water is nie; Hy wat vir jou water uit klipharde rots laat kom het; Hy wat jou in die woestyn manna laat eet het, iets wat jou voorouers nie geken het nie, om jou nederig te maak en jou te toets, om jou uiteindelik goed te behandel. “As jy sou dink, my krag en my magtige hand het vir my hierdie rykdom verkry, dan moet jy die HERE jou God onthou, want dit is Hy wat vir jou die krag gee om rykdom te verkry, sodat Hy sy verbond wat Hy aan jou voorvaders met 'n eed bevestig het, gestand kan doen soos dit vandag is.
Lees Deuteronomium 8
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Deuteronomium 8:11-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's