DEUTERONOMIUM 8:11-18
DEUTERONOMIUM 8:11-18 Die Boodskap (DB)
“Sorg dat jy nooit die Here vergeet nie. En moet nooit ophou om volgens sy wil te leef nie. Luister goed na alles wat ek jou vandag vertel. Wanneer jy eendag genoeg het om van te leef en in die mooi huise woon wat jy gebou het, en wanneer jou skape en beeste vermeerder het en jou goud, silwer en besittings baie meer geword het, moet jy nie te selfvoldaan begin word en die Here wat jou uit die swaarkry van Egipte weggevat het, vergeet nie. Onthou, die Here het jou deur ’n groot en verskriklike woestyn gelei waar daar slange, wrede diere en skerpioene was. En in die droë streke was daar geen water nie, maar die Here het vir jou water uit ’n klipharde rots laat kom. Onthou, die Here het vir jou manna in die woestyn gegee. Dit was iets wat jy en jou voorouers nie vantevore geken het nie. In die woestyn het Hy jou swaar laat kry, maar Hy was ook baie goed vir jou. Daarom moet jy nooit dink jy het met jou eie krag ryk en sterk geword nie. Dink altyd aan die Here, want dit is Hy wat jou gehelp het om ryk te word. Hy het dit gedoen omdat Hy tot vandag toe getrou is aan die beloftes wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob gemaak het.
DEUTERONOMIUM 8:11-18 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet versigtig wees, julle moenie julle God die Here vergeet nie, julle moet doen wat sy wette sê, die wette wat ek vandag vir julle gee. Wanneer julle eet en genoeg kry en mooi huise bou en daarin woon, en julle het baie beeste en skape en bokke, en julle silwer en goud word baie, alles wat julle het, word baie, dan moet julle nie hoogmoedig word en julle God die Here vergeet nie. Hy het julle uit die land Egipte gebring, die land waar julle slawe was. Hy het julle deur die groot en gevaarlike woestyn gelei, die woestyn waar slange op die grond seil en ook vlieg, waar daar skerpioene is en waar alles droog is, daar is niks water nie. Hy het vir julle water laat uitkom uit die kliprots. Hy het vir julle manna in die woestyn gegee om te eet, manna is iets wat julle voorvaders nie geken het nie. Hy wou julle verneder om julle te toets, maar Hy wou later goed doen aan julle. Wanneer julle eet en genoeg het, dan moet julle nie sê dat julle dit alles self gedoen het nie, moenie sê julle het al hierdie goed bymekaargemaak met julle eie krag nie. Nee, julle moet onthou dat dit julle God die Here is wat vir julle die krag gegee het om alles bymekaar te maak. Hy het dit gedoen sodat die verbond altyd daar sal wees, die verbond wat Hy met julle voorvaders gemaak het.
DEUTERONOMIUM 8:11-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie; sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon, en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder — en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het; wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en 'n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het; wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen — en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is.
DEUTERONOMIUM 8:11-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sorg dat jy nie die Here jou God vergeet deurdat jy nie gehoorsaam is aan sy gebooie en bepalings en voorskrifte wat ek jou vandag gee nie. As jy nie gehoorsaam is nie, kan dit gebeur dat jy genoeg eet en mooi huise bou en rustig woon, dat jou grootvee en jou kleinvee baie word, dat jou silwer en goud vermeerder en jou besittings al hoe meer word, en dat jy dan hoogmoedig word en die Here jou God vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Dit is Hy wat jou laat trek het deur hierdie groot en gevaarlike woestyn vol giftige slange en skerpioene, dit is Hy wat vir jou water uit die klipharde rots laat vloei het in hierdie dor land sonder water en wat jou in die woestyn manna laat eet het, iets wat jou voorvaders nie geken het nie. Hy het jou laat swaarkry om jou op die proef te stel en om agterna weer aan jou goed te doen. Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met 'n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog.
DEUTERONOMIUM 8:11-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Wees versigtig dat jy nie die HERE jou God vergeet deur nie sy gebooie, sy beslissings en vaste voorskrifte wat ek vandag vir jou voorskryf, na te kom nie. Wees versigtig dat, wanneer jy eet en versadig word en goeie huise bou en bewoon, en jou beeste en kleinvee vermeerder, en jy vir jouself baie silwer en goud verkry, en alles wat jy het, meer word, dat jou hart dan nie hoogmoedig raak en jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit 'n plek van slawerny, uitgelei het nie. Dit is Hy wat jou gelei het deur die groot en vreesaanjaende woestyn vol giftige slange en skerpioene, 'n dor land waar daar geen water is nie; Hy wat vir jou water uit klipharde rots laat kom het; Hy wat jou in die woestyn manna laat eet het, iets wat jou voorouers nie geken het nie, om jou nederig te maak en jou te toets, om jou uiteindelik goed te behandel. “As jy sou dink, my krag en my magtige hand het vir my hierdie rykdom verkry, dan moet jy die HERE jou God onthou, want dit is Hy wat vir jou die krag gee om rykdom te verkry, sodat Hy sy verbond wat Hy aan jou voorvaders met 'n eed bevestig het, gestand kan doen soos dit vandag is.
DEUTERONOMIUM 8:11-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pas op dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te onderhou nie. Look as jy geëet en versadig is en mooi huise bou en daarin woon; En as jou beeste en jou kleinvee vermeerder, en jou silwer en jou goud vermeerder word, en alles wat jy het, vermeerder word; Dan word jou hart verhef en vergeet jy die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het; wat jou deur daardie groot en verskriklike woestyn gelei het, waarin vurige slange en skerpioene en droogte was, waar daar geen water was nie; wat vir jou water uit die klipsteen laat uitkom het; wat jou in die woestyn gevoed het met manna wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou op die proef te stel, om aan jou goed te doen aan jou einde; En jy sê in jou hart: My krag en die krag van my hand het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar aan die HERE jou God moet jy dink, want dit is Hy wat jou die mag gee om rykdom te verwerf, om sy verbond te bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is.
DEUTERONOMIUM 8:11-18 Die Boodskap (DB)
“Sorg dat jy nooit die Here vergeet nie. En moet nooit ophou om volgens sy wil te leef nie. Luister goed na alles wat ek jou vandag vertel. Wanneer jy eendag genoeg het om van te leef en in die mooi huise woon wat jy gebou het, en wanneer jou skape en beeste vermeerder het en jou goud, silwer en besittings baie meer geword het, moet jy nie te selfvoldaan begin word en die Here wat jou uit die swaarkry van Egipte weggevat het, vergeet nie. Onthou, die Here het jou deur ’n groot en verskriklike woestyn gelei waar daar slange, wrede diere en skerpioene was. En in die droë streke was daar geen water nie, maar die Here het vir jou water uit ’n klipharde rots laat kom. Onthou, die Here het vir jou manna in die woestyn gegee. Dit was iets wat jy en jou voorouers nie vantevore geken het nie. In die woestyn het Hy jou swaar laat kry, maar Hy was ook baie goed vir jou. Daarom moet jy nooit dink jy het met jou eie krag ryk en sterk geword nie. Dink altyd aan die Here, want dit is Hy wat jou gehelp het om ryk te word. Hy het dit gedoen omdat Hy tot vandag toe getrou is aan die beloftes wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob gemaak het.
DEUTERONOMIUM 8:11-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Maar pas op dat jy in jou oorvloed nie die HERE jou God vergeet en ongehoorsaam raak aan sy gebooie, bepalings en voorskrifte nie. Wanneer jy jou versadig geëet het, voorspoedig is en mooi huise gebou het om in te woon, wanneer jou troppe beeste en skape baie word en jou goud en silwer vermeerder en alles wat jy het, meer word, dan is dit die tyd om versigtig te wees. Moenie hoogmoedig raak en dan vergeet dat dit die HERE jou God is wat jou uit die slawerny van Egipte gered het nie. “Moenie vergeet dat dit Hy is wat jou gelei het deur die groot en verskriklike woestyn met sy giftige slange en skerpioene, en waar dit warm en droog is nie. Dit is Hy wat vir jou water uit die rots gegee het! Hy het vir jou kos gegee met manna in die woestyn, kos wat jou voorouers nie geken het nie. Hy het dit gedoen om jou nederig te maak en om jou te toets sodat dit daarna weer met jou goed kan gaan. Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die HERE jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het.