“ Jy mag nie die reg van vreemdelinge en vaderloses verdraai nie, en jy mag nie die bokleed van 'n weduwee as pand neem nie. Onthou dat jy 'n slaaf was in Egipte, en dat die HERE jou God jou daaruit vrygekoop het. Dit is waarom ek jou beveel om so op te tree. “Wanneer jy jou oes op die land insamel en jy vergeet 'n gerf op die land, mag jy nie teruggaan om dit te kry nie. Dit moet vir die vreemdelinge, vaderloses en weduwees agterbly, sodat die HERE jou God al jou handewerk kan seën. Wanneer jy jou olywe afslaan, mag jy nie die takke deursoek waar jy klaar is nie. Dit moet vir die vreemdelinge, vaderloses en weduwees agterbly. As jy jou wingerd oes, mag jy nie die naoes agter jou afoes nie. Dit moet vir die vreemdelinge, vaderloses en weduwees agterbly. Onthou dat jy 'n slaaf was in Egipteland. Daarom beveel ek jou om so op te tree.”
Lees Deuteronomium 24
Deel
Vergelyk alle weergawes: Deuteronomium 24:17-22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's