“'n Profeet uit jou midde, iemand uit jou volksgenote soos ek, sal die HERE jou God vir jou laat opstaan; na hom moet julle luister. Dit is eintlik wat jy van die HERE jou God by Horeb op die dag van die byeenkoms gevra het, toe jy gesê het, ‘Ek kan nie langer na die stem van die HERE my God luister en ook nog na hierdie groot vuur bly kyk nie – ek wil nie sterf nie.’ Die HERE het toe vir my gesê, ‘Wat hulle sê is goed, Ek sal vir hulle uit hulle volksgenote 'n profeet soos jy laat opstaan, en Ek sal my woorde in sy mond lê. Hy sal vir hulle alles sê wat Ek hom beveel. En van die persoon wat nie luister na my woorde wat hy in my Naam sê nie, sal Ek self rekenskap eis. Maar die profeet wat so vermetel is om 'n woord in my Naam te sê wat Ek hom nie beveel het om te sê nie, of wat in die naam van ander gode praat – daardie profeet moet sterf.’ “En as jy jouself sou afvra: Hoe sal ons weet watter woorde het die HERE nie gesê nie? As dit wat 'n profeet in die Naam van die HERE sê, nie gebeur nie en daar kom niks van nie, dan is dit woorde wat die HERE nie gespreek het nie. In vermetelheid het die profeet dit gesê. Jy mag nie vir hom bang wees nie.”
Lees Deuteronomium 18
Deel
Vergelyk alle weergawes: Deuteronomium 18:15-22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's