Daniël 3:10-18

Daniël 3:10-18 AFR20

U, o koning, u het 'n bevel uitgevaardig dat elke mens wat die geluid van die horing, rietfluit, siter, lier en harp in harmonie, ja, al die musiekinstrumente, hoor, moet neerval en aan die goue beeld eer betoon. En wie ook al nie neerval en eer betoon nie, sal binne-in die vlammende vuuroond gegooi word. Daar is Joodse manne, Sadrag, Mesag en Abednego, vir wie u oor die administrasie van die provinsie Babel aangestel het. Hierdie manne het hulle nie aan u bevel, o koning, gesteur nie. Hulle dien nie u gode nie en betoon nie eer aan die goue beeld wat u opgerig het nie.” Toe het Nebukadnesar, rasend van woede, beveel dat Sadrag, Mesag en Abednego gehaal moet word. Hierdie manne is toe voor die koning gebring. Nebukadnesar het begin deur vir hulle te sê: “Is dit regtig so, Sadrag, Mesag en Abednego, dat julle my gode nie dien nie en aan die goue beeld wat ek opgerig het, nie eer betoon nie? Nou, as julle bereid is om, sodra julle die geluid hoor van die horing, rietfluit, siter, lier en harp, in harmonie, ja, al die musiekinstrumente, neer te val en aan die beeld wat ek gemaak het, eer te betoon, goed en wel. Maar as julle nie eer betoon nie, sal julle dadelik binne-in die vlammende vuuroond gegooi word. Wie is die god wat julle dan uit my hand sal red?” Sadrag, Mesag en Abednego het geantwoord en vir koning Nebukadnesar gesê: “Ons het nie nodig om oor hierdie saak aan u 'n antwoord te gee nie. As ons God wat ons dien ons kan red uit die vlammende vuuroond en uit u hand, o koning, sal Hy ons red. Indien nie, laat dit dan aan u bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie, en aan die goue beeld wat u opgerig het, nie eer sal betoon nie.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Daniël 3:10-18

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid