DANIËL 3:10-18

DANIËL 3:10-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

U, o koning, het 'n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid; en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word. Daar is Joodse manne wat u oor die bestuur van die provinsie Babel aangestel het, Sadrag, Mesag en Abednégo; hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gesteur nie; hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie. Toe het Nebukadnésar, toornig en woedend, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te laat kom. Daarop is die manne voor die koning gebring. En Nebukadnésar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie? As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos? Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop 'n antwoord te gee nie. As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.

DANIËL 3:10-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

U het 'n bevel uitgevaardig dat enigiemand wat die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, 'n ander blaas- of musiekinstrument, voor die goue beeld moet buig en dit moet aanbid. Wie nie buig en die beeld aanbid nie, moet in 'n brandende oond gegooi word. Maar, U Majesteit, nou is daar Jode, Sadrag, Mesag en Abednego, vir wie u in beheer van die administrasie van die provinsie Babel geplaas het, wat hulle nie steur aan u bevel nie. Hulle dien nie u god nie, hulle aanbid nie die goue beeld wat u laat oprig het nie.” Toe het Nebukadnesar woedend geword en vir Sadrag, Mesag en Abednego laat kom. Dié manne is voor die koning gebring, en Nebukadnesar het vir hulle gesê: “Is dit waar, Sadrag, Mesag en Abednego, dat julle my god nie dien nie, die goue beeld wat ek laat oprig het, nie aanbid nie? Nou kyk, dit sal in orde wees as julle bereid is om te buig en die beeld te aanbid sodra julle die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, 'n ander blaas- of musiekinstrument. Maar as julle hom nie aanbid nie, sal julle dadelik in 'n brandende oond gegooi word, en watter god sal julle uit my mag kan red?” Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: “Ons hoef u nie hierop te antwoord nie. Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.”

DANIËL 3:10-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

U, o koning, u het 'n bevel uitgevaardig dat elke mens wat die geluid van die horing, rietfluit, siter, lier en harp in harmonie, ja, al die musiekinstrumente, hoor, moet neerval en aan die goue beeld eer betoon. En wie ook al nie neerval en eer betoon nie, sal binne-in die vlammende vuuroond gegooi word. Daar is Joodse manne, Sadrag, Mesag en Abednego, vir wie u oor die administrasie van die provinsie Babel aangestel het. Hierdie manne het hulle nie aan u bevel, o koning, gesteur nie. Hulle dien nie u gode nie en betoon nie eer aan die goue beeld wat u opgerig het nie.” Toe het Nebukadnesar, rasend van woede, beveel dat Sadrag, Mesag en Abednego gehaal moet word. Hierdie manne is toe voor die koning gebring. Nebukadnesar het begin deur vir hulle te sê: “Is dit regtig so, Sadrag, Mesag en Abednego, dat julle my gode nie dien nie en aan die goue beeld wat ek opgerig het, nie eer betoon nie? Nou, as julle bereid is om, sodra julle die geluid hoor van die horing, rietfluit, siter, lier en harp, in harmonie, ja, al die musiekinstrumente, neer te val en aan die beeld wat ek gemaak het, eer te betoon, goed en wel. Maar as julle nie eer betoon nie, sal julle dadelik binne-in die vlammende vuuroond gegooi word. Wie is die god wat julle dan uit my hand sal red?” Sadrag, Mesag en Abednego het geantwoord en vir koning Nebukadnesar gesê: “Ons het nie nodig om oor hierdie saak aan u 'n antwoord te gee nie. As ons God wat ons dien ons kan red uit die vlammende vuuroond en uit u hand, o koning, sal Hy ons red. Indien nie, laat dit dan aan u bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie, en aan die goue beeld wat u opgerig het, nie eer sal betoon nie.”

DANIËL 3:10-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

U, o koning, het 'n bevel gemaak dat elkeen wat die geluid van die kornet, fluit, harp, tjoekie, harp, slingervel en allerhande musiekinstrumente hoor, sal neerval en die goue beeld aanbid. En elkeen wat nie neerval en aanbid nie, moet in die middel van 'n brandende vuuroond gegooi word. Daar is sekere Jode wat jy aangestel het oor die sake van die provinsie Babel, Sadrag, Mesag en Abednego; hierdie manne, o koning, het nie op u ag geslaan nie; hulle dien u gode nie en aanbid nie die goue beeld wat u opgerig het nie. Toe het Nebukadnésar in sy woede en woede bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednego te bring. Toe het hulle hierdie manne voor die koning gebring. Nebukadnésar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit waar, Sadrag, Mesag en Abednego, dien julle nie my gode en aanbid julle nie die goue beeld wat ek opgerig het nie? En as julle gereed is om op watter tyd julle die geluid van die kornet, fluit, harp, tjoekie, harp, en blinder en allerhande musiekinstrumente hoor, val julle neer en aanbid die beeld wat Ek gemaak het; wel, maar as julle nie aanbid nie, sal julle in dieselfde uur in die middel van 'n brandende vuuroond gegooi word; en wie is die God wat jou uit my hande sal verlos? Sadrag, Mesag en Abednego het geantwoord en vir die koning gesê: O Nebukadnésar, ons is nie versigtig om u in hierdie saak te antwoord nie. As dit so is, kan ons God wat ons dien, ons verlos uit die brandende vuuroond, en Hy sal ons uit u hand red, o koning. Maar so nie, laat dit aan u bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.