Handelinge 15:22-31

Handelinge 15:22-31 AFR20

Hierna het die •apostels en ouderlinge, in oorleg met die hele •gemeente, besluit om manne wat uit eie geledere gekies is, saam met Paulus en Barnabas na Antiogië te stuur. Hulle was Judas, bekend as Barsabbas, en Silas, beide leiers onder die broers. Hulle het die volgende skrywe met hulle saamgestuur: “Die apostels en ouderlinge, julle broers, aan die broers uit die heidene in Antiogië, Sirië en Silisië: Gegroet! “Aangesien ons gehoor het dat sommige mense wat van ons af gekom het, sonder dat ons hulle opdrag gegee het, julle met hulle woorde ontstel en julle gemoedere verwar het, het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Barnabas en Paulus – mense wat hulle lewens oorgegee het vir die Naam van ons Here Jesus Christus. Ons het dus Judas en Silas gestuur, en hulle sal hierdie dinge mondeling aan julle bevestig. Die Heilige Gees en ons het daarom besluit om geen verdere las op julle te lê nie, behalwe die volgende vereistes: Bly weg van afgodsoffers, van bloed, van wat verwurg is en van hoerery. As julle julle hiervan weerhou, sal julle goed doen. Laat dit met julle goed gaan.” So is die manne weggestuur, en hulle het na Antiogië gereis. Nadat hulle die gemeente bymekaar laat kom het, het hulle die brief oorhandig. Die gemeente het die brief gelees, en was verheug oor die bemoediging.