Daarna het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente in Jerusalem besluit om ’n afvaardiging uit hulle geledere saam met Paulus en Barnabas na Antiogië in Sirië te stuur. Hulle het twee leiersfigure onder die gelowiges gekies: vir Judas (sy noemnaam is Barsabbas) en vir Silas. Die vergadering het die volgende brief self geskryf: Hierdie brief kom van die apostels en die ouderlinge, julle broers in Jerusalem, en is geskryf aan die gelowiges uit die nie-Joodse volke in Antiogië, Sirië en Silisië. Groete! Ons het gehoor dat daar mense van ons af gekom het wat julle gemoedere ontstel het met standpunte waarvoor ons hulle nie ’n mandaat gegee het nie. Daarom het ons eenparig besluit om ’n amptelike afvaardiging na julle toe te stuur. Hulle vergesel ons geliefde Barnabas en Paulus, mense wat hulle lewe gewaag het vir die Naam van ons Here Jesus Christus. Ons stuur dan nou vir Judas en Silas om ook self mondeling ons besluit aan julle oor te dra. Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê nie, behalwe die volgende voorskrifte: dat julle julle moet weerhou van alles wat aan afgode geoffer is, en van bloed, van diere wat verwurg is, en van seksuele sondes. As julle julle van hierdie dinge weerhou, doen julle goed. Vaarwel. So is hulle toe daar weg, op pad na Antiogië toe. Dáár het hulle die gemeente bymekaar laat kom en die brief oorhandig. Die gemeente het dit gelees en was baie bly oor die bemoediging.
Lees HANDELINGE 15
Luister na HANDELINGE 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: HANDELINGE 15:22-31
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's