3 Johannes 1:5-12

3 Johannes 1:5-12 AFR20

Geliefde, jy tree getrou op in wat jy ook al vir die broers doen, en dit terwyl hulle vir jou vreemdelinge is. Hulle het voor die •gemeente van jou liefde getuig. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op 'n manier wat God waardig ag. Want ter wille van die Naam, het hulle uitgegaan, sonder om iets van die heidene te ontvang. Ons behoort sulke mense daarom goed te ontvang, sodat ons medewerkers van die waarheid kan wees. Ek het hieroor aan die gemeente geskryf, maar Diotrefes, wat graag die belangrikste onder hulle wil wees, gee nie aan ons erkenning nie. Daarom sal ek, wanneer ek kom, julle herinner aan die dade wat hy doen. Hy versprei slegte stories oor ons, en asof dit vir hom nie genoeg is nie, ontvang hy self die broers nie goed nie. Boonop verhinder hy ook nog diegene wat dit wil doen, en dryf hulle uit die gemeente uit. Geliefde, moenie die kwaad navolg nie, maar die goeie. Wie goed doen, is uit God; wie kwaad doen, het God nie gesien nie. Oor Demetrius is deur almal positief getuig, ook deur die waarheid self. Ook ons getuig, en jy weet dat ons getuienis waar is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 3 Johannes 1:5-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid