3 JOHANNES 1:5-12

3 JOHANNES 1:5-12 NLV

Geliefde vriend, jy tree betroubaar op in wat jy ook al vir die gelowiges doen, selfs al is hulle vreemdelinge. Hulle het voor die gemeente plegtig vertel van jou liefde. Jy doen goed deur hulle op hulle reise voort te help soos God dit wil hê. Inderdaad, hulle gaan rond ter wille van die saak van Christus en ontvang niks van die ongelowiges nie. Ons moet sulke mense ondersteun, sodat ons saam medewerkers kan word in diens van die waarheid. Ek het hieroor aan die gemeente geskryf, maar Diotrefes wat homself graag eerste stel, het ons gesag eenvoudig nie aanvaar nie. Daarom, wanneer ek ook al kom, sal ek sy optrede onthou: Hy belaster ons deur bose gerugte te versprei, en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy selfs ook nie die gelowiges nie. Dié wat dit nog wil doen, verhinder hy en verban hulle uit die gemeente. Geliefde vriend, moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie. Dié wat goed doen, is van God afkomstig; dié wat sleg doen, het God tot nou toe nie gesien nie. Almal getuig positief oor Demetrius; ook die waarheid self onderskryf dit. Ons getuig dit ook en jy weet dat ons getuienis betroubaar is.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 3 JOHANNES 1:5-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid