Dit moet jy weet: In die laaste dae gaan daar moeilike tye kom; want die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig, aanmatigend, godslasterlik, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, goddeloos, ongevoelig, genadeloos, beledigend, sonder selfbeheersing, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as vir God, mense wat wel 'n skyn van godvresendheid voorhou, maar wat die krag van godvresendheid misken. Bly weg van sulke mense. Want onder hulle is daar diegene wat huisgesinne binnedring, en ligsinnige vroue, oorlaai met sondes, hulle prooi maak – vroue wat voortgedryf word deur allerlei begeertes, wat altyd aan die leer is, maar nooit tot volle begrip van die waarheid kan kom nie. En soos Jannes en Jambres hulle teen Moses verset het, net so verset hierdie mense hulle teen die waarheid, mense wat korrup is in hulle denke en onbetroubaar in hulle geloof. Maar hulle sal nie baie ver kom nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos dit ook met Jannes en Jambres die geval was.