Absalom en al die manskappe, die manne van Israel, het intussen in Jerusalem aangekom. Agitofel was ook by hom. Toe Gusai, die man uit Ereg, die vriend van Dawid, by Absalom kom, sê hy dadelik vir Absalom: “Lank lewe die koning! Lank lewe die koning!” Maar Absalom het vir Gusai gevra: “Is dit nou jou trou teenoor jou vriend? Waarom het jy nie saam met jou vriend gegaan nie?” Gusai het Absalom geantwoord: “Nee, want die een wat deur die HERE, en hierdie manskappe en al die manne van Israel gekies is, aan hom behoort ek en by hom sal ek bly. Boonop: Wie moet ek dan dien? Is dit nie sy seun nie? Soos ek in die teenwoordigheid van u vader gedien het, so sal ek voor u dien. ” Toe sê Absalom vir Agitofel: “Gee julle nou raad. Wat moet ons doen?” Agitofel het Absalom geantwoord: “Gaan in by die byvroue van jou pa wat hy agtergelaat het om die paleis op te pas. Die hele Israel sal hoor dat jy jou veragtelik gemaak het by jou pa. Dit sal die hande sterk van almal wat by jou is.” Daar is toe vir Absalom 'n tent oopgespan op die dak van die paleis, en Absalom het ten aanskoue van die hele Israel by sy vader se byvroue ingegaan. Die raad van Agitofel wat hy in dié tyd gegee het, was so goed asof iemand 'n woord van God gevra het. Dit is hoe al die raad van Agitofel aan Dawid sowel as aan Absalom beskou is.
Lees 2 Samuel 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Samuel 16:15-23
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's