Elisa was reeds siek aan die kwaal waaraan hy sou sterf. Joas, die koning van Israel, het na hom toe afgegaan, in sy teenwoordigheid gehuil en gesê: “My vader, my vader, strydwa van Israel en sy perde!” Elisa sê toe vir hom: “Kry 'n boog en pyle!” Hy kry toe vir hom 'n boog en pyle. Daarop sê hy vir die koning van Israel: “Hou die boog gereed!” Toe hy dit gereedhou, lê Elisa sy hande op die koning se hande. Hy sê toe: “Maak die venster aan die oostekant oop!” Hy het dit oopgemaak. Daarop sê Elisa: “Skiet!” Hy skiet toe. “'n Pyl van oorwinning vir die HERE, 'n pyl van oorwinning teen Aram,” het Elisa gesê. “Jy sal Aram in Afek heeltemal verslaan.” Daarop sê hy: “Neem die pyle!” Hy het dit geneem. “Slaan teen die grond!” sê hy toe vir die koning van Israel. Hy slaan toe drie maal en hou op. Die man van God het hom bloedig vererg vir hom en sê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het; maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.” Elisa het toe gesterf en hulle het hom begrawe. Moabitiese roofbendes het met die aanbreek van die jaar die land binnegeval.
Lees 2 Konings 13
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Konings 13:14-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's