2 KONINGS 13:14-20
2 KONINGS 13:14-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elisa was reeds siek aan die kwaal waaraan hy sou sterf. Joas, die koning van Israel, het na hom toe afgegaan, in sy teenwoordigheid gehuil en gesê: “My vader, my vader, strydwa van Israel en sy perde!” Elisa sê toe vir hom: “Kry 'n boog en pyle!” Hy kry toe vir hom 'n boog en pyle. Daarop sê hy vir die koning van Israel: “Hou die boog gereed!” Toe hy dit gereedhou, lê Elisa sy hande op die koning se hande. Hy sê toe: “Maak die venster aan die oostekant oop!” Hy het dit oopgemaak. Daarop sê Elisa: “Skiet!” Hy skiet toe. “'n Pyl van oorwinning vir die HERE, 'n pyl van oorwinning teen Aram,” het Elisa gesê. “Jy sal Aram in Afek heeltemal verslaan.” Daarop sê hy: “Neem die pyle!” Hy het dit geneem. “Slaan teen die grond!” sê hy toe vir die koning van Israel. Hy slaan toe drie maal en hou op. Die man van God het hom bloedig vererg vir hom en sê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het; maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.” Elisa het toe gesterf en hulle het hom begrawe. Moabitiese roofbendes het met die aanbreek van die jaar die land binnegeval.
2 KONINGS 13:14-20 Bybel vir almal (ABA)
Elisa was baie siek. 'n Kort tyd voordat hy gesterf het, het koning Joas van Israel na hom toe gekom en by hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, jy is Israel se oorlogkar en sy soldate op perde!” Elisa het vir die koning gesê: “Neem jou pyl en boog.” Koning Joas het dit gedoen, en Elisa het vir hom gesê: “Sit jou hand op die boog.” Die koning het dit gedoen, en Elisa het sy hande op die koning se hande gesit en gesê: “Maak oop die venster na die ooste.” Joas het dit gedoen, en toe sê Elisa: “Skiet.” Joas het 'n pyl geskiet, en toe sê Elisa: “Die pyl beteken die Here sal oorwin, die Here sal die land Aram oorwin. Jy sal die Arameërs in die stad Afek oorwin, hulle sal later niks meer kan doen nie.” Toe sê Elisa: “Neem die pyle.” Joas het dit gedoen. Elisa sê toe vir hom: “Slaan daarmee op die grond.” Koning Joas het drie maal op die grond geslaan en toe het hy opgehou. Die man van God het kwaad geword en vir Joas gesê: “Jy moes vyf of ses maal geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal oorwin het en hulle sou niks meer kon doen nie. Maar nou sal jy net drie maal vir Aram oorwin.” Elisa het gesterf, en sy mense het hom begrawe. Omtrent die einde van daardie jaar het groepe Moabiete in die land gekom en hulle het die mense van Israel aangeval.
2 KONINGS 13:14-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Elísa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe, het Joas, die koning van Israel, afgekom na hom en oor hom geween en gesê: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! Daarop sê Elísa vir hom: Neem 'n boog en pyle. En hy het vir hom 'n boog en pyle geneem. En hy sê vir die koning van Israel: Sit jou hand aan die boog. En hy het sy hand aan die boog gesit; en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê. Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: 'n Pyl van oorwinning van die HERE en 'n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek. Verder sê hy: Neem die pyle. En hy het dit geneem. Toe sê hy vir die koning van Israel: Slaan teen die grond! En hy het drie maal geslaan en opgehou. Daarop word die man van God baie kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses maal geslaan het; dan sou jy die Arameërs volkome verslaan het; maar nou sal jy die Arameërs drie maal verslaan. Daarna het Elísa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar.
2 KONINGS 13:14-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elisa het ernstig siek geword en op sterwe gelê. Koning Joas van Israel het hom gaan besoek en het oor hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, u was vir Israel die strydwa met sy ruiters!” Elisa sê toe vir hom: “Vat jou pyl en boog.” Die koning van Israel het dit gedoen, en toe sê Elisa vir hom: “Sit jou hand op die boog.” Die koning het sy hand op die boog gesit. Elisa het toe sy eie hande op die hande van die koning gesit en gesê: “Maak die venster aan die oostekant oop.” Die koning het dit oopgemaak, en Elisa het beveel: “Skiet!” Toe skiet die koning, en Elisa sê: “'n Pyl van die Here se oorwinning, 'n pyl van oorwinning oor Aram! Jy sal Aram verpletterend verslaan in Afek.” Verder sê Elisa: “Vat nou die pyle.” Die koning het hulle gevat, en Elisa sê vir hom: “Slaan teen die grond.” Die koning het drie maal geslaan en opgehou. Die man van God het baie kwaad geword vir die koning en gesê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het, maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.” Toe het Elisa gesterf, en hulle het hom begrawe. Moabitiese bendes het elke jaar die land binnegeval.
2 KONINGS 13:14-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elisa was reeds siek aan die kwaal waaraan hy sou sterf. Joas, die koning van Israel, het na hom toe afgegaan, in sy teenwoordigheid gehuil en gesê: “My vader, my vader, strydwa van Israel en sy perde!” Elisa sê toe vir hom: “Kry 'n boog en pyle!” Hy kry toe vir hom 'n boog en pyle. Daarop sê hy vir die koning van Israel: “Hou die boog gereed!” Toe hy dit gereedhou, lê Elisa sy hande op die koning se hande. Hy sê toe: “Maak die venster aan die oostekant oop!” Hy het dit oopgemaak. Daarop sê Elisa: “Skiet!” Hy skiet toe. “'n Pyl van oorwinning vir die HERE, 'n pyl van oorwinning teen Aram,” het Elisa gesê. “Jy sal Aram in Afek heeltemal verslaan.” Daarop sê hy: “Neem die pyle!” Hy het dit geneem. “Slaan teen die grond!” sê hy toe vir die koning van Israel. Hy slaan toe drie maal en hou op. Die man van God het hom bloedig vererg vir hom en sê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het; maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.” Elisa het toe gesterf en hulle het hom begrawe. Moabitiese roofbendes het met die aanbreek van die jaar die land binnegeval.
2 KONINGS 13:14-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Elisa het siek geword van sy siekte waarvan hy gesterf het. En Joas, die koning van Israel, het na hom afgekom en oor sy aangesig geween en gesê: My vader, my vader, strydwa van Israel en sy ruiters! En Elísa sê vir hom: Neem pyl en boog. En hy het pyl en boog vir hom geneem. En hy sê aan die koning van Israel: Sit jou hand op die boog. En hy het sy hand daarop gelê, en Elísa het sy hande op die hande van die koning gelê. En hy sê: Maak die venster oop na die ooste. En hy het dit oopgemaak. Toe sê Elisa: Skiet! En hy het geskiet. En hy sê: Die pyl van die verlossing van die HERE en die pyl van verlossing uit Aram, want jy sal die Arameërs in Afek verslaan totdat jy hulle verteer het. En hy sê: Neem die pyle. En hy het hulle geneem. En hy het aan die koning van Israel gesê: Slaan op die grond. En hy het drie maal geslaan en gebly. En die man van God was kwaad vir hom en sê: Jy moes vyf of ses keer geslaan het; dan het jy Arameërs verslaan totdat jy dit verteer het; maar nou sal jy Arameërs maar drie maal verslaan. En Elisa het gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land binnegeval teen die aankoms van die jaar.
2 KONINGS 13:14-20 Die Boodskap (DB)
Toe Elisa dodelik siek aan sy laaste siekte gelê het, het koning Joas van Israel na hom toe gekom. Joas het gehuil en vir Elisa gesê: “My vader! My vader! U is vir Israel soos ’n strydwa met sy ruiters!” Elisa het vir hom gesê: “Vat jou pyl en boog.” Die koning het dit gedoen en toe sê Elisa: “Sit nou jou hande op die boog.” Hy het dit ook gedoen. Toe sit Elisa sy hande bo-oor die koning se hande. Daarop sê Elisa: “Maak die venster na die oostekant toe oop!” Die koning het dit gedoen. Toe sê Elisa: “Skiet!” Toe hy geskiet het, sê Elisa: “Dit is die Here se pyl van oorwinning oor Aram, want jy sal die Arameërs volkome by Afek verslaan. Vat nou die ander pyle en slaan hulle teen die grond.” Die koning het die pyle gevat en drie keer teen die grond geslaan. Dit het Elisa kwaad gemaak en hy het vir die koning gesê: “Jy moes ten minste vyf of ses keer teen die grond geslaan het! Dan sou jy die Arameërs behoorlik verslaan het. Nou sal jy hulle net drie keer verslaan.” Daarna is Elisa dood en hulle het hom begrawe. Bendes uit Moab het Israel elke lente binnegeval.
2 KONINGS 13:14-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Elisa het siek geword en op sterwe gelê. Koning Joas van Israel het hom besoek en oor hom gehuil. “My vader! My vader! Die strydwa en ruiters van Israel!” het hy uitgeroep. Elisa sê toe vir hom: “Vat jou boog en pyle.” Die koning het so gemaak. Elisa sê vir hom: “Sit jou hande op die boog.” Hy het so gemaak. Elisa sit toe sy eie hande oor die koning s’n. Daarna beveel hy: “Maak die venster na die ooste toe oop.” Hy het so gemaak. Elisa sê vir hom: “Skiet!” Hy het so gemaak. Toe kondig Elisa aan: “Die pyl van die HERE se oorwinning, ’n pyl van oorwinning oor Aram. Jy sal die Arameërs by Afek heeltemal verslaan. Vat nou die ander pyle en slaan teen die grond.” Die koning het hulle opgetel, drie keer geslaan en toe opgehou. Maar die man van God het baie kwaad geword vir hom. “Jy moes vyf of ses keer geslaan het!” roep hy uit. “Dan sou jy Aram verslaan en heeltemal verwoes het. Nou sal jy net drie keer oor Aram seëvier.” Daarna het Elisa gesterf en hulle het hom begrawe. Moabitiese bendes het elke lente die land binnegeval.