Gevolglik het ons Titus sterk aangemoedig om, soos wat hy hierdie genadewerk reeds begin het, dit ook net so by julle te voltooi. Soos julle nou van alles oorvloed het, geloof en welsprekendheid en kennis en alle ywer en die liefde, wat deur ons toedoen onder julle is, sorg dat julle ook in hierdie genadewerk oorvloedig is. Ek sê dit nie as 'n opdrag nie, maar om aan die hand van ander se ywer die egtheid van julle liefde te toets. Want julle ken die genade van ons Here Jesus •Christus: dat Hy wat ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word. En ek gee my mening hieroor, want dit strek tot julle voordeel – julle wat reeds 'n jaar gelede begin het om dit nie net te doen nie, maar dit ook te wil doen. Voltooi dan nou ook die taak, sodat, net soos julle bereidwillig was om dit te wil doen, julle ook bereidwillig sal wees om dit te voltooi uit wat julle het. Want as daar bereidwilligheid is, is dit aanneemlik volgens wat 'n mens het – nie volgens wat jy nie het nie. Dit beteken nie dat ander verligting kry en julle swaarkry nie, maar wel dat daar ewewig sal wees. Julle huidige oorvloed vul hulle tekort aan, sodat hulle oorvloed weer julle tekort kan aanvul, en daar so ewewig kan wees. Soos daar geskryf staan: “Die een met baie, het nie te veel gehad nie, en die een met net 'n bietjie, nie te min nie.”
Lees 2 Korinthiërs 8
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 2 Korinthiërs 8:6-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's