Ons laat julle ook weet, broers, van die genade van God wat aan die •gemeentes in Macedonië gegee is: dat hulle, te midde van swaar beproewing as gevolg van verdrukking, hulle oorvloedige vreugde en hulle diep armoede laat oorvloei het in 'n rykdom aan vrygewigheid van hulle kant af. Ek getuig dat hulle na vermoë, ja, selfs bo vermoë, bereidwillig was. Hulle het pleitend by ons aangedring om deel te kan hê aan die genadewerk van hulpverlening aan die heiliges. Dit was nie slegs soos ons gehoop het nie; trouens, hulle het hulleself eers aan die Here gegee, en toe, deur die wil van God, ook aan ons. Gevolglik het ons Titus sterk aangemoedig om, soos wat hy hierdie genadewerk reeds begin het, dit ook net so by julle te voltooi. Soos julle nou van alles oorvloed het, geloof en welsprekendheid en kennis en alle ywer en die liefde, wat deur ons toedoen onder julle is, sorg dat julle ook in hierdie genadewerk oorvloedig is.
Lees 2 Korinthiërs 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Korinthiërs 8:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's