2 Korinthiërs 1:9-10

2 Korinthiërs 1:9-10 AFR20

Trouens, wat onsself betref, het ons al as't ware die doodsvonnis oor ons ontvang; maar dit was sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God, wat die dooies opwek. Op Hom wat ons uit so 'n groot doodsgevaar gered het, en sal red, is ons hoop gevestig dat Hy ons weer sal uitred.