2 KORINTIËRS 1:9-10
2 KORINTIËRS 1:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Ons het gevoel soos mense wanneer die regter besluit het dat hulle moet sterf. Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God omdat Hý die Een is wat mense weer laat lewe nadat hulle gesterf het. God het ons gered uit hierdie groot gevaar, uit die dood. Hy sal ons weer red. Ons hoop en ons is seker dat Hy ons altyd sal red.
2 KORINTIËRS 1:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek; wat ons verlos het uit so 'n groot doodsgevaar en nog verlos; op wie ons hoop dat Hy ook nog sal verlos
2 KORINTIËRS 1:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Trouens, dit het vir ons gevoel asof die doodvonnis klaar oor ons uitgespreek is. Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe. Dit is Hy wat ons uit so 'n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red.
2 KORINTIËRS 1:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Trouens, wat onsself betref, het ons al as't ware die doodsvonnis oor ons ontvang; maar dit was sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God, wat die dooies opwek. Op Hom wat ons uit so 'n groot doodsgevaar gered het, en sal red, is ons hoop gevestig dat Hy ons weer sal uitred.
2 KORINTIËRS 1:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ons het die doodsvonnis in onsself gehad, dat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek. Wat ons verlos het uit so 'n groot dood en verlos; op wie ons vertrou dat Hy ons nog sal verlos
2 KORINTIËRS 1:9-10 Die Boodskap (DB)
Dit het gevoel of ’n doodsvonnis oor my uitgespreek is. Maar ek het toe ’n baie belangrike les geleer. Ek het geleer om te bly vashou aan God wat selfs die dooies lewendig kan maak. Uiteindelik het Hy my uit daardie lewensgevaarlike situasie gered. Daarom weet ek met alles in my dat God my vorentoe weer sal red wanneer ek in gevaar verkeer. Hy sal my elke keer help wanneer ek in die nood is.
2 KORINTIËRS 1:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit het eintlik vir ons gevoel of ons die doodsvonnis ontvang het sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op dié God wat die dooies opwek. Dit is Hy wat ons van só ’n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Hý is ons verwagting; Hy sal ons altyd weer red.