Die HERE, die God van hulle voorouers, het telkens weer aan hulle boodskappe gestuur by monde van sy boodskappers, want Hy het omgegee vir sy volk en sy woonplek. Hulle het egter telkens die gek geskeer met die boodskappers van God en sy woorde versmaai, terwyl hulle met sy profete die spot gedryf het, totdat die HERE se woede teen sy volk opgelaai het, totdat geen herstel meer moontlik was nie. God het die koning van die Galdeërs teen hulle laat optrek. Hy het hulle jong manne binne-in hulle heiligdom met die swaard doodgemaak. Hy het geen jong man of maagd, oumens of verswakte gespaar nie. Almal is in sy hand gegee. Al die toebehore in die huis van God, groot en klein, die skatte van die huis van die HERE en van die koning en sy •hoë amptenare, alles het hy na Babel geneem. Hulle het die huis van God afgebrand, die stadsmure van Jerusalem afgebreek, al die stad se vestings verbrand en so alle kosbare voorwerpe daarin vernietig. Hy het dié wat oorgebly het ná die gevegte, in ballingskap weggevoer na Babilonië, waar hulle slawe was vir hom en sy nageslag, totdat die koninkryk van Persië aan die bewind gekom het. Dit het gebeur, sodat die woord van die HERE, aangekondig by monde van Jeremia, vervul is. Totdat die land sy verlore Sabbatsjare ingehaal het, het dit gerus, die hele tyd wat dit onbewerk gelê het, om die profesie van sewentig jaar te vervul.
Lees 2 Kronieke 36
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Kronieke 36:15-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's