1 Timoteus 2:9-15

1 Timoteus 2:9-15 AFR20

So ook moet die vroue hulleself versier met behoorlike kleredrag, beskeie en sober, nie met haarvlegsels en goud of pêrels of duur klere nie, maar – soos dit vroue pas wat bely dat hulle God aanbid – met goeie werke. 'n Vrou moet haar stilweg laat onderrig, in volle gehoorsaamheid. Ek laat nie toe dat 'n vrou onderrig gee, of oor 'n man gesag uitoefen nie; sy moet haar stil gedra. Adam is immers eerste geskep, daarna Eva. En Adam is nie mislei nie, maar die vrou het haar laat mislei, en het 'n oortreder geword. Maar sy sal verlos word te midde van kindergeboorte, mits hulle volhou om gelowig, liefdevol, heilig en ingetoë te leef.