1 TIMOTEUS 2:9-15
1 TIMOTEUS 2:9-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So ook moet die vroue hulleself versier met behoorlike kleredrag, beskeie en sober, nie met haarvlegsels en goud of pêrels of duur klere nie, maar – soos dit vroue pas wat bely dat hulle God aanbid – met goeie werke. 'n Vrou moet haar stilweg laat onderrig, in volle gehoorsaamheid. Ek laat nie toe dat 'n vrou onderrig gee, of oor 'n man gesag uitoefen nie; sy moet haar stil gedra. Adam is immers eerste geskep, daarna Eva. En Adam is nie mislei nie, maar die vrou het haar laat mislei, en het 'n oortreder geword. Maar sy sal verlos word te midde van kindergeboorte, mits hulle volhou om gelowig, liefdevol, heilig en ingetoë te leef.
1 TIMOTEUS 2:9-15 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil ook hê dat vroue mooi moet wees omdat hulle die regte klere dra, klere wat wys dat hulle nie slegte vroue is nie en dat hulle mooi maniere het. Hulle moenie hulle hare so mooi vleg dat almal altyd daarna wil kyk nie, en hulle moenie goue juwele of pêrels of baie duur klere dra nie. Nee, vroue wat sê dat hulle vir God dien, moet goeie dinge vir ander mense doen, en só moet hulle mooi wees. Wanneer die gemeente bymekaar is, dan moet 'n vrou stil en gehoorsaam wees, sy moet altyd luister na wat die leiers in die gemeente sê. Ek wil nie hê dat 'n vrou vir ander mense moet leer nie en sy moenie vir 'n man sê wat hy moet doen nie. Nee, sy moet stil wees. Want God het eerste vir Adam gemaak, daarna het Hy vir Eva gemaak. Die slang het nie vir Adam verlei nie, die slang het die vrou verlei. En toe het sy verkeerd gedoen. Maar die Here sal vroue beskerm wanneer hulle kinders kry, vroue wat aanhou glo en lief is vir mense, vroue wat hulleself aan die Here wy en wat nederig is.
1 TIMOTEUS 2:9-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie, maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke. Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom. Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.
1 TIMOTEUS 2:9-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van die vroue wil ek hê dat hulle ook in hulle kleredrag waardig, beskeie en ingetoë moet wees. Hulle versiering moenie haarkapsels en goud of pêrels of duur klere wees nie, maar goeie werke, soos dit vroue betaam wat openlik bely dat hulle God dien. 'n Vrou moet in die erediens stil en onderdanig wees en haar laat leer. Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees. Adam is immers eerste gemaak, Eva daarna. Dit is ook nie Adam wat verlei is nie, dit is die vrou wat haar laat verlei het en die gebod oortree het. Maar sy sal haar redding vind in moederskap, as sy maar volhard in geloof, liefde en 'n heilige lewe, en daarby beskeie bly.
1 TIMOTEUS 2:9-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So ook moet die vroue hulleself versier met behoorlike kleredrag, beskeie en sober, nie met haarvlegsels en goud of pêrels of duur klere nie, maar – soos dit vroue pas wat bely dat hulle God aanbid – met goeie werke. 'n Vrou moet haar stilweg laat onderrig, in volle gehoorsaamheid. Ek laat nie toe dat 'n vrou onderrig gee, of oor 'n man gesag uitoefen nie; sy moet haar stil gedra. Adam is immers eerste geskep, daarna Eva. En Adam is nie mislei nie, maar die vrou het haar laat mislei, en het 'n oortreder geword. Maar sy sal verlos word te midde van kindergeboorte, mits hulle volhou om gelowig, liefdevol, heilig en ingetoë te leef.
1 TIMOTEUS 2:9-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So ook, dat vroue hulleself versier in beskeie klere, met skaamte en nugterheid; nie met gebreide hare, of goud of pêrels, of duur kleed nie; Maar (wat vroue word wat die godsaligheid bely) deur goeie werke. Laat die vrou in stilte met alle onderdanigheid leer. Maar ek laat 'n vrou nie toe om te onderrig of die gesag oor die man toe te neem nie, maar om in stilte te wees. Want Adam is eers gevorm, toe Eva. En Adam is nie mislei nie, maar die vrou wat verlei is, was in die oortreding. Nietemin sal sy gered word in die geboorte, as hulle in geloof en liefde en heiligheid met nugterheid bly.
1 TIMOTEUS 2:9-15 Die Boodskap (DB)
Vroue moet ook ordentlik aantrek sodat hulle nie die verkeerde boodskap vir ander mans gee en so hulle eie man in die verleentheid bring nie. Hulle moet so aantrek dat God en hulle man tevrede sal wees. Vroue wat geen geheim daarvan maak dat hulle die Here dien nie, moet hulle lewe eerder versier met al die goeie dinge wat hulle vir ander mense doen. Dit maak hulle baie mooier as wat duur klere of mooi juwele dit ooit kan doen. ’n Vrou moet ook nie voor op die wa wees en iets anders wil wees as wat sy is nie. Sy moet in stilte gewillig wees om te leer. Ek wil nie hê dat vroue die mans se werk moet doen terwyl hulle besig is om die gemeente te leer nie. Hulle moenie probeer baasspeel oor die mans nie, maar eerder stil sit en luister. God het Adam eerste gemaak en daarna vir Eva. Satan het ook nie vir Adam in die strik ingelok nie, maar vir Eva. Hy het haar uitgevang en sy het toe iets gedoen waarvan God niks gehou het nie. Gelukkig vir haar vergoed sy weer daarvoor deur kinders te hê, mits sy natuurlik op God bly vertrou. Sy moet God ook liefhê en net vir Hom lewe.
1 TIMOTEUS 2:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En ek wil hê vroue moet beskeie wees in hulle voorkoms. Hulle behoort ordentlike en paslike klere te dra en nie die aandag op hulleself te vestig deur die manier waarop hulle hulle hare tooi of goud of pêrels of duur klere dra nie. Want vroue wat aanspraak daarop maak om toegewy aan God te lewe behoort hulleself aantreklik te maak deur die goeie dinge wat hulle doen. Vroue behoort te luister en moet stil en onderdanig leer. Ek laat vroue nie toe om mans te onderrig of oor hulle gesag uit te oefen nie. Laat hulle eerder stilweg luister. Want God het Adam eerste gemaak en daarna Eva. En dit was die vrou, nie Adam nie, wat deur Satan verlei is, en sonde was die gevolg. Maar vroue sal gered word deur hulle rol as moeders te aanvaar en deur volhardend te leef in geloof, liefde, toewyding aan God en beskeidenheid.