1 Konings 10:4-10

1 Konings 10:4-10 AFR20

Toe die koningin van Skeba al die wysheid van Salomo sien, ook die paleis wat hy gebou het, die kos op sy tafel, die plasing van sy amptenare, sy bediendes wat gereed staan, hulle uitrustings, sy skinkers en die •brandoffers wat hy bring in die huis van die HERE, is haar asem weggeslaan. Sy sê toe vir die koning: “Die berig wat ek in my land gehoor het oor u prestasies en u wysheid was werklik waar. Maar ek het die berigte nie geglo nie, totdat ek gekom en dit met my eie oë gesien het. Kyk, die helfte is my nie vertel nie! In wysheid en welvaart oortref u die gerugte wat ek gehoor het. Hoe gelukkig is u manne, hoe gelukkig hierdie dienaars van u, hulle wat voortdurend in u diens staan, hulle wat u wysheid aanhoor! Die HERE u God moet geprys word, Hy wat u so goedgesind is om u op die troon van Israel te plaas. Omdat die HERE Israel altyd liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te laat geskied. ” Sy het toe vir die koning honderd-en-twintig kikkar goud, groot hoeveelhede speserye en edelstene gegee. Daar het nooit weer so 'n groot hoeveelheid speserye die land binnegekom as wat die koningin van Skeba vir koning Salomo gegee het nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Konings 10:4-10