Verder, met verwysing na waaroor julle geskryf het: “Dit is goed vir 'n man om nie met 'n vrou omgang te hê nie.” Maar om onsedelikheid te voorkom, laat elke man sy eie vrou hê en elke vrou haar eie man. Laat die man sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so die vrou teenoor haar man. Die getroude vrou het nie seggenskap oor haar eie liggaam nie, maar haar man wel; net so het die man ook nie seggenskap oor sy eie liggaam nie, maar sy vrou wel. Moet julle nie van mekaar weerhou nie, behalwe as julle ooreenkom om dit vir 'n tyd lank te doen om julle aan gebed te kan wy. En kom dan weer bymekaar, sodat Satan julle nie verlei as gevolg van julle gebrek aan selfbeheersing nie. Dit sê ek as toegewing, nie as voorskrif nie. Ek wens alle mense kon soos ek wees; maar elkeen het 'n eie gawe van God ontvang, die een dit, die ander iets anders. Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek dat dit vir hulle goed is om ook soos ek te bly. Maar as hulle nie hulleself kan beheer nie, laat hulle trou, want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand. Aan dié wat getroud is, gee ek die opdrag – nie ek nie, maar die Here – dat 'n vrou nie van haar man mag skei nie. As sy tog skei, laat sy ongetroud bly of haar met haar man versoen. 'n Man mag ook nie van sy vrou skei nie.
Lees 1 Korinthiërs 7
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 1 Korinthiërs 7:1-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's