1 KORINTIËRS 7:1-11

1 KORINTIËRS 7:1-11 Die Boodskap (DB)

Nou kom ek by die vrae in julle brief. Daar is niks mee verkeerd as iemand nie trou nie. Dit gee egter nie vir so iemand die groen lig om maar seksueel te leef soos hy wil nie. Die versoekings is maar groot. Seks is bedoel vir die huwelik en daarom is dit beter dat mense liewer trou en elkeen so sy eie maat het. Ek bedoel dat hulle werklik seksuele maats vir mekaar moet wees en dit vir mekaar aangenaam moet maak. In die huwelik kan die vrou nie maak asof die man geen sê oor haar liggaam het nie. Dieselfde geld vir die man. Die vrou kan ook aanspraak maak op sy liggaam. Hulle moet vir mekaar beskikbaar wees, veral op seksuele gebied. Hou mekaar op seksuele gebied gelukkig, behalwe as julle saam besluit om ’n rukkie lank nie saam te verkeer nie. Dit kan byvoorbeeld gebeur as julle ’n ruk lank op ’n spesiale manier op gebed wil konsentreer. Kom daarna weer saam. Moenie Satan ’n kans gee om julle uit te vang as julle selfbeheersing op ’n laagtepunt is nie. Ek is nie besig om julle te beveel wat om te doen nie. Dit is maar net goeie raad. Eintlik wens ek dat almal ongetroud kon bly soos ek. Maar ek weet dit is nie vir almal moontlik nie omdat God almal nie eenders gemaak het nie. Elkeen van ons het verskillende vermoëns van Hom gekry. Vir die mense wat nog nie getroud is nie en vir elke vrou wat haar man verloor het, het ek ’n spesiale boodskap: dit sal vir hulle goed wees om soos ek ongetroud te bly. Wanneer dit egter vir hulle moeilik word om hulle begeertes en emosies te beheer, moet hulle liewer maar trou. Ja, as hulle moet kies tussen trou en om heeltyd te veg teen hulle natuurlike seksuele begeertes, is die keuse eenvoudig: hulle moet trou. Bly getrou aan mekaar. Dit bring my by die getroudes. Ek het ook iets om vir hulle te sê. Dit is wat die Here self verwag: getroudes moet getroud bly en mag nie skei nie. As iemand klaar geskei is, moet hy nie weer met iemand anders trou nie. Die ander moontlikheid is natuurlik om weer na sy maat toe terug te gaan.

1 KORINTIËRS 7:1-11 Bybel vir almal (ABA)

Ek wil nou praat oor die dinge wat julle vir my geskryf en gevra het. Julle sê dit is goed dat 'n mens nie trou nie. Maar ek sê: Baie mense lewe onsedelik, daarom moet elke man sy eie vrou hê en elke vrou moet haar eie man hê. Wanneer 'n man en 'n vrou getroud is, dan moet hulle altwee saamstem om gereeld seks te hê met mekaar. Die vrou se liggaam behoort nie aan haarself nie, dit behoort aan haar man. En die man se liggaam behoort ook nie aan homself nie, dit behoort aan sy vrou. 'n Man en sy vrou moenie ophou om met mekaar seks te hê nie. Maar hulle mag saam besluit om 'n tyd lank nie seks te hê nie sodat hulle meer tyd kan hê om te bid. Daarna moet hulle weer bymekaarslaap sodat die Satan hulle nie kan verlei nie, want party mense kan nie lank sonder seks bly nie. Maar onthou, ek sê net julle kán ophou om seks te hê wanneer julle meer wil bid, ek sê nie julle móét ophou om seks te hê nie. Ek wens dat alle mense ongetroud was soos ek. Maar God gee vir elke mens sy eie genadegawe. Hy gee vir die een mens een soort gawe, en Hy gee vir die ander mens iets anders. Ek sê vir die mense wat nie meer getroud is nie, spesiaal vir die weduwees: Dit is vir hulle goed dat hulle ongetroud bly soos ek. Maar as dit vir hulle té moeilik word om nie seks te hê nie, dan moet hulle trou, want dit is beter om te trou as om altyd lus te wees vir seks. En ek sê vir die mense wat getroud is, nee, dit is nie ék wat sê nie, dit is die Hére wat sê: 'n Vrou mag nie van haar man skei nie. Maar as sy skei, dan moet sy ongetroud bly, of sy moet weer teruggaan na haar man toe. Die man mag ook nie van sy vrou skei nie.

1 KORINTIËRS 7:1-11 Die Boodskap (DB)

Nou kom ek by die vrae in julle brief. Daar is niks mee verkeerd as iemand nie trou nie. Dit gee egter nie vir so iemand die groen lig om maar seksueel te leef soos hy wil nie. Die versoekings is maar groot. Seks is bedoel vir die huwelik en daarom is dit beter dat mense liewer trou en elkeen so sy eie maat het. Ek bedoel dat hulle werklik seksuele maats vir mekaar moet wees en dit vir mekaar aangenaam moet maak. In die huwelik kan die vrou nie maak asof die man geen sê oor haar liggaam het nie. Dieselfde geld vir die man. Die vrou kan ook aanspraak maak op sy liggaam. Hulle moet vir mekaar beskikbaar wees, veral op seksuele gebied. Hou mekaar op seksuele gebied gelukkig, behalwe as julle saam besluit om ’n rukkie lank nie saam te verkeer nie. Dit kan byvoorbeeld gebeur as julle ’n ruk lank op ’n spesiale manier op gebed wil konsentreer. Kom daarna weer saam. Moenie Satan ’n kans gee om julle uit te vang as julle selfbeheersing op ’n laagtepunt is nie. Ek is nie besig om julle te beveel wat om te doen nie. Dit is maar net goeie raad. Eintlik wens ek dat almal ongetroud kon bly soos ek. Maar ek weet dit is nie vir almal moontlik nie omdat God almal nie eenders gemaak het nie. Elkeen van ons het verskillende vermoëns van Hom gekry. Vir die mense wat nog nie getroud is nie en vir elke vrou wat haar man verloor het, het ek ’n spesiale boodskap: dit sal vir hulle goed wees om soos ek ongetroud te bly. Wanneer dit egter vir hulle moeilik word om hulle begeertes en emosies te beheer, moet hulle liewer maar trou. Ja, as hulle moet kies tussen trou en om heeltyd te veg teen hulle natuurlike seksuele begeertes, is die keuse eenvoudig: hulle moet trou. Bly getrou aan mekaar. Dit bring my by die getroudes. Ek het ook iets om vir hulle te sê. Dit is wat die Here self verwag: getroudes moet getroud bly en mag nie skei nie. As iemand klaar geskei is, moet hy nie weer met iemand anders trou nie. Die ander moontlikheid is natuurlik om weer na sy maat toe terug te gaan.

1 KORINTIËRS 7:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ek kom nou by die vrae wat julle in julle brief gestel het. Ja, ’n selibaatlewe is goed. Maar omdat daar soveel onsedelikheid is, behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man. Die eggenoot behoort nie sy vrou seksuele intimiteit te ontsê nie. Dit is haar reg as getroude vrou. Net so moet die vrou ook nie haar man hierdie intimiteit ontsê nie. Met die huwelik het die vrou medeseggenskap oor haar liggaam oorgedra aan haar man. Net so het die man medeseggenskap oor sy liggaam aan sy vrou oorgedra. Julle moet mekaar dus nie seks ontsê nie, behalwe as julle ooreenkom op ’n beperkte tyd van onthouding sodat julle julle meer volkome aan gebed kan toewy. Daarna moet julle weer saamkom om te verhinder dat Satan julle tot sonde verlei weens julle gebrek aan selfbeheersing. Ek gee vir julle my mening hieroor; ek bedoel dit nie as ’n absolute reël nie. Eintlik sou ek wens dat almal – soos ek – sonder die huwelik sou regkom. Maar ons het verskillende gawes van God ontvang, die een hierdie, die ander een weer ander. Nou wil ek vir die ongetroudes en die weduwees sê: Dis beter om soos ek ongetroud te bly. Maar as hulle nie selfbeheersing kan toepas nie, is dit beter om te trou as om deur seksuele begeerte verteer te word. Vir die getroudes het ek ’n opdrag wat nie bloot van my kom nie, maar van die Here self. Dit is dat ’n vrou nie van haar man behoort te skei nie. Maar as sy dit tog wel doen, moet sy ongetroud bly of haar met haar man versoen. Net so mag die man ook nie van sy vrou skei nie.