1 Korinthiërs 4:7-13

1 Korinthiërs 4:7-13 AFR20

Want wie ag jou belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom beroem jy jou daarop asof jy dit nie ontvang het nie? Julle is mos reeds versadig! Julle is reeds ryk! Sonder ons het julle soos konings begin regeer. Het julle maar waarlik regeer, sodat ons saam met julle kon regeer! Dit lyk vir my of God ons •apostels as die heel laastes aangewys het, asof ons ter dood veroordeel is, omdat ons 'n skouspel geword het vir die wêreld, vir engele sowel as vir mense. Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus; ons is swak, maar julle sterk; julle geëerd, maar ons sonder eer. Tot op hierdie oomblik ly ons honger en dors, is karig geklee, word geslaan, swerf dakloos, en swoeg deur met ons eie hande te werk. Word ons beledig, seën ons; word ons vervolg, verdra ons; word ons belaster, antwoord ons beleefd. Soos die vullis van die wêreld het ons geword, soos die skuim van die samelewing – tot nou toe.

Video vir 1 Korinthiërs 4:7-13

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Korinthiërs 4:7-13