1 Korinthiërs 15:42-49

1 Korinthiërs 15:42-49 AFR20

So sal dit ook wees met die opstanding van die dooies: Wat gesaai word in verganklikheid, word opgewek in onsterflikheid; wat gesaai word in oneer, word opgewek in heerlikheid; wat gesaai word in swakheid, word opgewek in krag. Wat gesaai word, is 'n natuurlike menslike liggaam; wat opgewek word, is 'n geestelike liggaam. As daar 'n natuurlike menslike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam. So staan daar immers geskryf: “Die eerste mens, Adam, het 'n lewende wese geword.” Die laaste Adam het egter 'n lewendmakende Gees geword. Die geestelike liggaam is egter nie eerste nie, maar wel die natuurlike menslike liggaam; daarna kom die geestelike. Die eerste mens was uit die aarde, en stoflik; die tweede 'n mens uit die hemel. Soos die aardse mens, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens, so ook die hemelse mense. Soos ons die beeld van die stoflike mens gedra het, so sal ons die beeld van die hemelse mens dra.