1 Korinthiërs 13:8-13

1 Korinthiërs 13:8-13 AFR20

Liefde faal nooit nie. Maar profesieë, dit sal tot 'n einde kom; of tale, dit sal ophou; of kennis, dit sal tot niet gaan. Want ons ken gedeeltelik, en ons profeteer gedeeltelik, maar wanneer die volmaakte gekom het, sal wat gedeeltelik is, ophou bestaan. Toe ek nog 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Noudat ek volwasse is, het ek die dinge van 'n kind agtergelaat. Nou sien ons wel 'n geheimnisvolle beeld, soos in 'n spieël, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek slegs gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken, soos ek ten volle geken is. En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie – maar die grootste hiervan is die liefde.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid