1 Kronieke 26:1-11

1 Kronieke 26:1-11 AFR20

Wat die afdelings van die poortwagte betref: Vir die Koragiete was dit Meselemja, seun van Kore, uit die nageslag van Asaf. Meselemja het die volgende seuns gehad: Sagaria die eersgeborene, Jediael die tweede, Sebadja die derde, Jatniël die vierde, Elam die vyfde, Joganan die sesde en Eljehoënai die sewende. Obed-Edom het die volgende seuns gehad: Semaja die eersgeborene, Josabad die tweede, Joag die derde, Sagar die vierde, Netanel die vyfde, Ammiël die sesde, Issaskar die sewende en Peülletai die agtste, want God het hom geseën. Vir Semaja, sy seun, is die volgende seuns gebore – heersers van hulle familie omdat hulle dapper krygers was. Semaja se seuns was Otni, Refael, Obed en Elsabad. Sy familielede Elihu en Semagja was onverskrokke. Al hierdie manne het van Obed-Edom afgestam. Hulle, hulle seuns en hulle familielede was bekwaam, met die vermoë om die taak te verrig – die 62 van Obed-Edom. Meselemja het onverskrokke seuns en familielede gehad – 18 van hulle. Gosa, uit die nageslag van Merari, het ook seuns gehad: Simri was die hoof, al was hy nie die eersgeborene nie. Sy vader het hom egter as hoof aangestel. Gilkija was die tweede, Tebalja die derde en Sagaria die vierde. Gosa se seuns en familielede was altesaam 13.