1 KRONIEKE 26:1-11
1 KRONIEKE 26:1-11 Bybel vir almal (ABA)
Daar was ook groepe poortwagte. Van die Korag-familie was daar Meselemja seun van Kore, hy was een van die seuns van Asaf. Meselemja het sewe seuns gehad, hulle was Sagaria, Jediael, Sebadja, Jatniël, Elam, Joganan en Eljehoënai. Obed-Edom het ag seuns gehad, want God het hom geseën. Die seuns was Semaja, Josabad, Joag, Sakar, Netanel, Ammiël, Issaskar en Peülletai. Obed-Edom se seun Semaja het seuns gehad wat leiers was in hulle families, want hulle was belangrike mense. Die seuns van Semaja was Otni, Refael, Obed en Elsabad. Hulle broers was Elihu en Semakja, en hulle was twee manne wat goed kon werk. Al hierdie manne was van die Obed-Edom-familie. Hulle en hulle seuns en hulle ander familie was manne wat goed kon werk. Daar was 62 manne van die Obed-Edom-familie. Meselemja se seuns en sy ander familie was ook manne wat goed kon werk, hulle was 18 manne. Gosa, van die Merari-familie, het vier seuns gehad. Simri was die familiehoof. Hy was nie die oudste seun nie, maar sy pa het hom gekies en aangestel om die familiehoof te wees. Die ander seuns was Gilkija, Tebalja en Sagaria. Daar was 13 seuns en ander familie van Gosa.
1 KRONIEKE 26:1-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WAT die afdelings van die poortwagters betref, by die Koragiete het behoort Meselémja, die seun van Korē, van die seuns van Ébjasaf. En Meselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde, Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende. Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde, Ámmiël die sesde, Íssaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën. Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde. Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja. Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee-en-sestig van Obed-Edom. Meselémja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien. En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel. Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.
1 KRONIEKE 26:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat betref die afdelings poortwagte was daar van die Koragiete Meselemja seun van Kore, uit die geslag van Asaf. Die oudste seun van Meselemja was Sagaria, die tweede Jediael, die derde Sebadja, die vierde Jatniël, die vyfde Elam, die sesde Joganan, die sewende Eljehoënai. Die oudste seun van Obed-Edom was Semaja, die tweede Josabad, die derde Joag, die vierde Sakar, die vyfde Netanel, die sesde Ammiël, die sewende Issaskar, die agste Peülletai. God het vir Obed-Edom besonderlik geseën. Sy seun Semaja het vader geword van seuns wat gesagsposisies in hulle familie beklee het, want hulle was bekwame mense. Die seuns van Semaja was Otni, Refael, Obed, Elsabad, en sy broers was Elihu en Semakja, knap mense. Hulle was almal uit die nageslag van Obed-Edom. Hulle sowel as hulle seuns en broers was bekwame manne, flink in die diens. Obed-Edom se groep was twee en sestig. Van Meselemja was daar agtien bekwame seuns en broers. Die seuns van Gosa, van die Merarigroep, het Simri as hoof gehad. Hy was nie die oudste nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel. Die tweede was Gilkija, die derde Tebalja, die vierde Sagaria. Gosa het dertien seuns en broers gehad.
1 KRONIEKE 26:1-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat die afdelings van die poortwagte betref: Vir die Koragiete was dit Meselemja, seun van Kore, uit die nageslag van Asaf. Meselemja het die volgende seuns gehad: Sagaria die eersgeborene, Jediael die tweede, Sebadja die derde, Jatniël die vierde, Elam die vyfde, Joganan die sesde en Eljehoënai die sewende. Obed-Edom het die volgende seuns gehad: Semaja die eersgeborene, Josabad die tweede, Joag die derde, Sagar die vierde, Netanel die vyfde, Ammiël die sesde, Issaskar die sewende en Peülletai die agtste, want God het hom geseën. Vir Semaja, sy seun, is die volgende seuns gebore – heersers van hulle familie omdat hulle dapper krygers was. Semaja se seuns was Otni, Refael, Obed en Elsabad. Sy familielede Elihu en Semagja was onverskrokke. Al hierdie manne het van Obed-Edom afgestam. Hulle, hulle seuns en hulle familielede was bekwaam, met die vermoë om die taak te verrig – die 62 van Obed-Edom. Meselemja het onverskrokke seuns en familielede gehad – 18 van hulle. Gosa, uit die nageslag van Merari, het ook seuns gehad: Simri was die hoof, al was hy nie die eersgeborene nie. Sy vader het hom egter as hoof aangestel. Gilkija was die tweede, Tebalja die derde en Sagaria die vierde. Gosa se seuns en familielede was altesaam 13.
1 KRONIEKE 26:1-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat die afdelings van die poortwagters betref: Van die Korgiete was Meselemja, die seun van Kore, uit die seuns van Asaf. En die seuns van Meselemja was: Sagaria, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebadja, die derde, Jatniël, die vierde, Elam die vyfde, Johanan die sesde, Eljoënai die sewende. Verder was die seuns van Obed-dom: Semaja, die eersgeborene, Josabad, die tweede, Joag, die derde, en Sakar, die vierde, en Netáneël, die vyfde, Ammiël die sesde, Issaskar die sewende, Peultai die agtste; want God het hom geseën. Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat regeer in die hele huis van hulle vader, want hulle was dapper helde. Die seuns van Semája; Otni en Refael en Obed, Elsabad, wie se broers sterk manne was, Elihu en Semágja. Al hierdie kinders van Obed-Edom: hulle en hulle seuns en hulle broers, bekwame manne vir die diens, was twee en sestig uit Obed-Edom. En Meselemia het seuns en broers gehad, sterk manne, agtien. Ook Hosa, uit die kinders van Merári, het seuns gehad; Simri, die hoof, (want al was hy nie die eersgeborene nie, het sy vader hom tog die hoof aangestel;) Hilkía die tweede, Tebalja die derde, Sagaria die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.
1 KRONIEKE 26:1-11 Die Boodskap (DB)
Hier volg ’n lys van almal wat poortwagte was. Uit die Koragfamilie was daar Meselemja, Kore se seun uit die geslag van Asaf. Meselemja se oudste seun was Sagaria, die tweede Jediael, die derde Sebadja, die vierde Jatniël, die vyfde Elam, die sesde Joganan en die sewende Eljehoënai. Obed-Edom se oudste seun was Semaja, die tweede Josabad, die derde Joag, die vierde Sakar, die vyfde Netanel, die sesde Ammiël, die sewende Issaskar en die agtste Peülletai. God het vir Obed-Edom werklik geseën. Sy seun Semaja het seuns gehad wat hoë posisies in hulle familie beklee het, want hulle was begaafde mense. Die seuns van Semaja was Otni, Refael, Obed, Elsabad, en sy broers was Elihu en Semakja, knap manne. Al hierdie nakomelinge van Obed-Edom, asook hulle seuns en die res van die familie, was begaafde mans wat goed was in hulle werk. Obed-Edom se groep was 62. Meselemja se agtien seuns en broers was ook begaafde mense. Gosa, van die Merarigroep, het sy seun Simri as leier aangewys al was hy nie die oudste nie. Van sy ander kinders was Gilkija, die tweede, Tebalja, die derde en Sagaria, die vierde. Gosa het dertien seuns en broers gehad.
1 KRONIEKE 26:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hier is die afdelings van die poortwagters: Van die Koragiete was daar Meselemja, seun van Kore, uit die geslag van Asaf. Die seuns van Meselemja was Sagaria, die oudste, Jediael, die tweede, Sebadja, die derde, Jatniël, die vierde, Elam, die vyfde, Joganan, die sesde, en Eljehoënai, die sewende. Die seuns van Obed-Edom was Semaja, die oudste, Josabad, die tweede, Joag, die derde, Sakar, die vierde, Netanel, die vyfde, Ammiël, die sesde, Issaskar, die sewende, en Peülletai, die agtste. God het Obed-Edom ryklik geseën. Obed-Edom se seun Semaja het uiters bekwame seuns gehad wat posisies van groot gesag in die familiegroep verwerf het. Hulle name was Otni, Refael, Obed en Elsabad. Hulle familie, Elihu en Semakja, was ook bekwame mans. Hulle almal was afstammelinge van Obed-Edom, insluitende hulle seuns en kleinseuns, 62 in totaal. Hulle was bekwame mans, goed gekwalifiseer vir hulle werk. Meselemja se agtien seuns en families was ook bekwame mans. Gosa van die Merarigroep het Simri as die leier tussen sy seuns aangestel, alhoewel hy nie die oudste was nie. Sy ander seuns was Gilkija, die tweede, Tebalja, die derde, en Sagaria, die vierde. Gosa se familie wat as poortwagters gedien het, was dertien in totaal.