Dit was Israel se seuns:
Ruben, Simeon, Levi en Juda;
Issaskar en Sebulon;
Dan, Josef en Benjamin;
Naftali, Gad en Aser.
Juda se seuns was Er, Onan en Sela; hierdie drie is vir hom gebore uit Bat-Sua, 'n Kanaänitiese vrou. Er, die eersgeborene van Juda, het hom sleg gedra in die oë van die HERE, en Hy het hom laat sterf. Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag in die wêreld gebring. Juda het altesaam vyf seuns gehad.
Peres se seuns was Gesron en Gamul;
Serag se seuns was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Dara – altesaam vyf.
Karmi se seun was Agar, deur wie Israel in die ongeluk gestort is, omdat hy ontrou was met die bangoed.
Etan se seun was Asarja.
Die seuns wat vir Gesron gebore is, was Jeragmeël, Ram en Kaleb.
Ram het Amminadab verwek, en Amminadab het Nagson, die stamleier van die nageslag van Juda, verwek. Nagson het Salma verwek, en Salma het Boas verwek. Boas het Obed verwek, en Obed het Isai verwek.
Isai het Eliab, sy eersgeborene, verwek,
daarna Abinadab, die tweede,
Simea, die derde,
Netanel, die vierde,
Raddai, die vyfde,
Osem, die sesde,
Dawid, die sewende.
Hulle susters was Seruja en Abigajil.
Seruja se seuns was Abisai, Joab en Asael, hulle drie.
Abigajil het aan Amasa geboorte gegee. Amasa se vader was Jeter, die Ismaeliet.