1 KRONIEKE 2:1-17
1 KRONIEKE 2:1-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hier volg die name van die seuns van Israel: Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon, Dan, Josef, Benjamin, Naftali, Gad en Aser. Die seuns van Juda was Er, Onan en Sela, die drie wat vir hom gebore is uit sy Kanaänitiese vrou Bat-Sua. Er, Juda se oudste seun, het die Here mishaag en Hy het hom laat sterwe. Juda se skoondogter Tamar het vir hom Peres en Serag in die wêreld gebring. Hy het dus altesaam vyf seuns gehad. Die seuns van Peres was Gesron en Gamul, en die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda, vyf altesaam. Die seun van Karmi was Akan wat hom aangematig het om te vat wat aan die Here gewy was en so die dood oor Israel gebring het. Die seun van Etan was Asarja. Die seuns wat vir Gesron gebore is, was Jeragmeël, Ram en Kaleb. Ram was die vader van Amminadab, en Amminadab was die vader van Nagson, die heerser oor die Judeërs. Nagson was die vader van Salmon, Salmon die vader van Boas, Boas die vader van Obed, en Obed die vader van Isai. Isai was die vader van Eliab sy oudste, Abinadab sy tweede seun, Samma sy derde, Netanel sy vierde, Raddai sy vyfde, Osem sy sesde en Dawid sy sewende seun. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja se drie seuns was Abisai, Joab en Asael. Abigal was Amasa se ma en sy pa was Jeter die Ismaeliet.
1 KRONIEKE 2:1-17 Die Boodskap (DB)
Israel se seuns was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon, Dan, Josef, Benjamin, Naftali, Gad en Aser. Juda se seuns was Er, Onan en Sela. Hulle ma was Bat-Sua, ’n Kanaänitiese vrou. Juda se oudste seun, Er, was ’n slegte man en die Here het hom doodgemaak. Juda het ook twee seuns, Peres en Serag, by sy skoondogter Tamar gehad. Hy het dus altesaam vyf seuns gehad. Peres se seuns was Gesron en Gamul. Serag se seuns was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda, vyf altesaam. Karmi se seun was Akan. Hy het goed gevat wat die Here s’n was en so ’n ramp oor Israel laat kom. Etan se seun was Asarja. Gesron se seuns was Jeragmeël, Ram en Kaleb. Ram was Amminadab se pa en Amminadab die pa van Nagson, ’n leier van Juda. Nagson was Salmon se pa en Salmon was Boas se pa. Boas was Obed se pa en Obed was Isai se pa. Isai se sewe seuns was, van die oudste tot die jongste: Eliab, Abinadab, Samma, Netanel, Raddai, Osem en Dawid. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja se drie seuns was Abisai, Joab en Asael. Abigal was met Jeter, ’n Ismaeliet, getroud en hulle seun was Amasa.
1 KRONIEKE 2:1-17 Bybel vir almal (ABA)
Die seuns van Israel was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon, Dan, Josef en Benjamin, Naftali, Gad en Aser. Juda en sy Kanaänitiese vrou Bat-Sua het drie seuns gehad. Hulle name was Er, Onan en Sela. Die Here het kwaad geword vir die oudste seun, Er, en die Here het hom laat sterf. Juda en sy skoondogter Tamar het twee seuns gekry, hulle name was Peres en Serag, en toe het Juda vyf seuns gehad. Peres se seuns was Gesron en Gamul. Serag het vyf seuns gehad: Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda. Akar was 'n seun van Karmi. Akar het van die goed gevat wat aan die Here gewy was. Omdat hy dit gedoen het, het die Here baie van Israel se mense laat sterf. Etan het 'n seun gehad, sy naam was Asarja. Gesron se seuns was Jeragmeël, Ram en Kelubai. Ram was die pa van Amminadab, en Amminadab was die pa van Nagson, die leier van die Judeërs. Nagson was die pa van Salmon, en Salmon was die pa van Boas. Boas was die pa van Obed, en Obed was die pa van Isai. Isai het sewe seuns gehad: Eliab, Abinadab, Samma, Netanel, Raddai, Osem en Dawid. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja het drie seuns gehad. Hulle was: Abisai, Joab en Asael. Abigal was die ma van Amasa. Amasa se pa was die Ismaeliet Jeter.
1 KRONIEKE 2:1-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIT is die seuns van Israel: Ruben, Símeon, Levi en Juda, Íssaskar en Sébulon, Dan, Josef en Benjamin, Náftali, Gad en Aser. Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe. En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf. Die seuns van Peres was Hesron en Hamul. En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf. En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed. En die seuns van Etan was Asárja. En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai. En Ram was die vader van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, die vors van die kinders van Juda. En Nagson was die vader van Salma, en Salma van Boas; en Boas van Obed, en Obed van Ísai; en Ísai was die vader van Elíab, sy eersgeborene, en van Abinádab, die tweede, en Símea, die derde; van Netáneël, die vierde, van Ráddai, die vyfde, van Osem, die sesde, van Dawid, die sewende. En hulle susters was Serúja en Abígail. En die seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Ásahel, drie. En Abígail het Amása gebaar; en die vader van Amása was Jeter, die Ismaeliet.
1 KRONIEKE 2:1-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit was Israel se seuns: Ruben, Simeon, Levi en Juda; Issaskar en Sebulon; Dan, Josef en Benjamin; Naftali, Gad en Aser. Juda se seuns was Er, Onan en Sela; hierdie drie is vir hom gebore uit Bat-Sua, 'n Kanaänitiese vrou. Er, die eersgeborene van Juda, het hom sleg gedra in die oë van die HERE, en Hy het hom laat sterf. Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag in die wêreld gebring. Juda het altesaam vyf seuns gehad. Peres se seuns was Gesron en Gamul; Serag se seuns was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Dara – altesaam vyf. Karmi se seun was Agar, deur wie Israel in die ongeluk gestort is, omdat hy ontrou was met die bangoed. Etan se seun was Asarja. Die seuns wat vir Gesron gebore is, was Jeragmeël, Ram en Kaleb. Ram het Amminadab verwek, en Amminadab het Nagson, die stamleier van die nageslag van Juda, verwek. Nagson het Salma verwek, en Salma het Boas verwek. Boas het Obed verwek, en Obed het Isai verwek. Isai het Eliab, sy eersgeborene, verwek, daarna Abinadab, die tweede, Simea, die derde, Netanel, die vierde, Raddai, die vyfde, Osem, die sesde, Dawid, die sewende. Hulle susters was Seruja en Abigajil. Seruja se seuns was Abisai, Joab en Asael, hulle drie. Abigajil het aan Amasa geboorte gegee. Amasa se vader was Jeter, die Ismaeliet.
1 KRONIEKE 2:1-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is die kinders van Israel; Ruben, Simeon, Levi en Juda, Issaskar en Sébulon, Dan, Josef en Benjamin, Naftali, Gad en Aser. Die seuns van Juda; Er en Onan en Sela; drie is vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese. En Er, die eersgeborene van Juda, was sleg in die oë van die HERE; en hy het hom gedood. En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf. Die seuns van Peres; Hesron en Hamul. En die seuns van Serag; Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara: altesaam vyf. En die seuns van Karmi; Akar, die lasteraar van Israel, wat oortree het in die vervloekte saak. En die seuns van Etan; Asarja. Ook die seuns van Hesron wat vir hom gebore is; Jeragmeël en Ram en Chelubai. En Ram was die vader van Amminadab; en Amminadab was die vader van Nagson, die owerste van die kinders van Juda; En Nagson was die vader van Salma, en Salma van Boas, En Boas was die vader van Obed, en Obed van Isai, En Isai was die vader van sy eersgeborene Eliab, en Abinadab, die tweede, en Simma, die derde, Netáneël die vierde, Raddai die vyfde, Ozem die sesde, Dawid die sewende: Wie se susters was Seruja en Abigail. En die seuns van Serúja; Abisai en Joab en Asahel, drie. En Abígail het Amasa gebaar, en die vader van Amasa was Jeter, die Ismaeliet.
1 KRONIEKE 2:1-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die seuns van Israel was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon, Dan, Josef, Benjamin, Naftali, Gad en Aser. Juda het drie seuns by Bat-Sua, ’n Kanaänitiese vrou, gehad. Hulle name was Er, Onan en Sela. Die oudste seun, Er, was ’n bose man in die oë van die HERE en daarom het Hy hom doodgemaak. Later het Juda tweelingseuns by Tamar, sy weduwee-skoondogter gehad. Hulle name was Peres en Serag. Juda het dus vyf seuns in totaal gehad. Die seuns van Peres was Gesron en Gamul. Die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda. Hulle was vyf in totaal. Akan seun van Karmi het ’n ramp oor Israel gebring toe hy van die buit gevat het wat vir die HERE opsy gesit is. En die seun van Etan was Asarja. Die seuns van Gesron was Jeragmeël, Ram en Kaleb. Ram was die pa van Amminadab. Amminadab was die pa van Nagson, ’n leier van Juda. Nagson was die pa van Salmon. Salmon was die pa van Boas. Boas was die pa van Obed. Obed was die pa van Isai. Isai se oudste seun was Eliab, sy tweede was Abinadab, sy derde was Samma, sy vierde was Netanel, sy vyfde Raddai, sy sesde was Osem en sy sewende was Dawid. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja het drie seuns gehad met die name Abisai, Joab en Asael. Abigal het met ’n man met die naam Jeter, ’n Ismaeliet, getrou. Hulle seun was Amasa.