1 Kronieke 16:37-43

1 Kronieke 16:37-43 AFR20

Dawid het Asaf en sy stamgenote daar voor die verbondsark van die HERE laat bly om deurentyd voor die ark diens te doen volgens die vereistes van elke dag. Obed-Edom en sy agt-en-sestig stamgenote, asook Obed-Edom, seun van Jedoetoen, en Gosa was daar as deurwagte. Die priester Sadok en sy medepriesters het hy voor die •tabernakel van die HERE op die •offerhoogte wat in Gibeon is, agtergelaat om deurentyd, soggens en saans, vir die HERE brandoffers op die brandofferaltaar te bring, volgens alles wat voorgeskryf is in die wet van die HERE wat Hy Israel beveel het. Saam met hulle was Heman en Jedoetoen en die res van die uitgesoektes wat by die naam aangewys is om die HERE te prys met die woorde: “Vir ewig duur sy troue liefde!” By hulle, by Heman en Jedoetoen, was daar trompette en simbale vir die musikante, en instrumente vir die begeleiding van godsdienstige liedere. Die seuns van Jedoetoen was by die poort. Daarna het die hele volk, elkeen, teruggegaan na sy huis. Dawid het teruggegaan om sy huisgesin te seën.