Die amptenare in die stad is soos leeus wat brul. Die leiers is soos wolwe wat in die nag kos soek en niks laat oorbly vir die volgende oggend nie. Die profete dink net aan hulleself, jy kan hulle nie glo nie. Die priesters ontwy die gewyde dinge. Hulle is nie gehoorsaam aan die wette van die Here nie. In hierdie stad is dit die Here wat die Regverdige is, Hy doen niks verkeerd nie. Elke oggend wanneer dit lig word, sê Hy wie is reg en wie is verkeerd. Maar die mense wat verkeerd doen, word nie skaam daaroor nie. Die Here sê: “Ek het die mense van baie volke laat sterf. Ek het die sterk mure om hulle stede afgebreek. Daar is niemand wat in hulle strate loop nie, niemand loop daar verby nie. Ek het die huise in hulle stede afgebreek, daar woon niemand nie. Ek het vir die mense van Jerusalem gesê: ‘Julle moet My eer, julle moet luister wanneer Ek met julle praat.’ As hulle geluister het, dan sou Ek die stad nie verwoes nie en hulle nie straf nie. Maar hulle het aangehou om verkeerd te doen. Alles wat hulle gedoen het, was verkeerd. Daarom moet julle wag vir die dag wanneer Ek kom om julle te straf. Ek het besluit om die volke bymekaar te maak. Ek wil hê hulle moet voel hoe kwaad Ek is. Ek sal al die mense op die aarde laat brand in die vuur, want Ek is baie kwaad.”
Lees Sefanja 3
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Sefanja 3:3-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's