SEFANJA 3:3-8
SEFANJA 3:3-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die •hoë amptenare in die stad is brullende leeus, haar regters is nagwolwe wat niks tot die oggend laat oorbly nie. Haar profete is vermetel, verraderlike mense, haar priesters ontheilig wat heilig is, en doen die wet geweld aan. Die HERE is regverdig in die stad, Hy doen geen onreg nie. Oggend na oggend gee Hy sy beslissings as die lig, dit ontbreek nooit nie; maar die boosdoener ken geen skaamte nie. “Ek het nasies uitgewis, hulle hoektorings staan verlate. Ek het hulle strate in puin gelê – niemand loop daar nie. Hulle stede lê verwoes – sonder mense, sonder inwoners. Ek het gedink, jy sal beslis vir My ontsag hê, jy sal die teregwysing aanvaar. Dan sou haar woonplek nie verwoes word nie – alles wat Ek oor haar bepaal het. Maar nogtans was hulle ywerig om net slegte dade te bly doen. Daarom moet julle My verwag,” is die uitspraak van die HERE, “daardie dag as Ek opstaan vir die buit. Want my beslissing is: om nasies te versamel en koninkryke bymekaar te maak, om my verontwaardiging, al my brandende toorn, oor hulle uit te giet; want deur die vuur van my drif sal die hele aarde verteer word.
SEFANJA 3:3-8 Bybel vir almal (ABA)
Die amptenare in die stad is soos leeus wat brul. Die leiers is soos wolwe wat in die nag kos soek en niks laat oorbly vir die volgende oggend nie. Die profete dink net aan hulleself, jy kan hulle nie glo nie. Die priesters ontwy die gewyde dinge. Hulle is nie gehoorsaam aan die wette van die Here nie. In hierdie stad is dit die Here wat die Regverdige is, Hy doen niks verkeerd nie. Elke oggend wanneer dit lig word, sê Hy wie is reg en wie is verkeerd. Maar die mense wat verkeerd doen, word nie skaam daaroor nie. Die Here sê: “Ek het die mense van baie volke laat sterf. Ek het die sterk mure om hulle stede afgebreek. Daar is niemand wat in hulle strate loop nie, niemand loop daar verby nie. Ek het die huise in hulle stede afgebreek, daar woon niemand nie. Ek het vir die mense van Jerusalem gesê: ‘Julle moet My eer, julle moet luister wanneer Ek met julle praat.’ As hulle geluister het, dan sou Ek die stad nie verwoes nie en hulle nie straf nie. Maar hulle het aangehou om verkeerd te doen. Alles wat hulle gedoen het, was verkeerd. Daarom moet julle wag vir die dag wanneer Ek kom om julle te straf. Ek het besluit om die volke bymekaar te maak. Ek wil hê hulle moet voel hoe kwaad Ek is. Ek sal al die mense op die aarde laat brand in die vuur, want Ek is baie kwaad.”
SEFANJA 3:3-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie. Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet. Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie. Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie. Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem! Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie, nie plaasvind alles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe. Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!
SEFANJA 3:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die amptenare in die stad is brullende leeus; sy regters is wolwe wat snags aas soek en tot die môre toe nie genoeg kry om aan te knaag nie; sy profete is roekelose, trouelose mense; sy priesters ontwy wat gewyd is en doen die wet van die Here geweld aan. In dié stad is die Here die regverdige, net Hy doen nie onreg nie. Hy gee môre vir môre sy beslissing; sy beslissing bly nie een dag uit nie en tog ken dié wat onreg doen, geen skaamte nie. Ek het nasies uitgeroei, hulle vestings is vernietig. Ek het hulle paaie verlate gemaak, sonder iemand wat daar loop. Hulle stede is verwoes, daar is niemand nie, nie een inwoner nie. Ek het gedink Jerusalem sal nou vir My ontsag hê en hom laat teregwys, sodat sy woonplek nie vernietig word en al my straf hom tref nie. Maar hy het gretig bly sondig met alles wat hy doen. Daarom, wag vir My in vrees, sê die Here, wag vir die dag wanneer Ek opstaan en my buit kom vat. Ek het besluit om nasies bymekaar te maak, koninkryke saam te roep en op hulle my gramskap uit te stort, die volle gloed van my toorn: die hele aarde sal verteer word in die vuur van my woede.
SEFANJA 3:3-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die •hoë amptenare in die stad is brullende leeus, haar regters is nagwolwe wat niks tot die oggend laat oorbly nie. Haar profete is vermetel, verraderlike mense, haar priesters ontheilig wat heilig is, en doen die wet geweld aan. Die HERE is regverdig in die stad, Hy doen geen onreg nie. Oggend na oggend gee Hy sy beslissings as die lig, dit ontbreek nooit nie; maar die boosdoener ken geen skaamte nie. “Ek het nasies uitgewis, hulle hoektorings staan verlate. Ek het hulle strate in puin gelê – niemand loop daar nie. Hulle stede lê verwoes – sonder mense, sonder inwoners. Ek het gedink, jy sal beslis vir My ontsag hê, jy sal die teregwysing aanvaar. Dan sou haar woonplek nie verwoes word nie – alles wat Ek oor haar bepaal het. Maar nogtans was hulle ywerig om net slegte dade te bly doen. Daarom moet julle My verwag,” is die uitspraak van die HERE, “daardie dag as Ek opstaan vir die buit. Want my beslissing is: om nasies te versamel en koninkryke bymekaar te maak, om my verontwaardiging, al my brandende toorn, oor hulle uit te giet; want deur die vuur van my drif sal die hele aarde verteer word.
SEFANJA 3:3-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Haar vorste binne-in haar is brullende leeus; haar regters is aandwolwe; hulle knaag nie die bene tot die môre nie. Haar profete is ligte en ontroue mense: haar priesters het die heiligdom ontheilig, hulle het die wet geweld aangedoen. Die regverdige HERE is in die middel daarvan; hy sal geen onreg doen nie; elke môre bring hy sy reg aan die lig, hy faal nie; maar die onregverdige ken geen skande nie. Ek het die nasies uitgeroei; hulle torings is woes; Ek het hulle strate woes gemaak, sodat niemand verbygaan nie; Ek het gesê: Waarlik, jy sal my vrees, jy sal tug ontvang; sodat hulle woning nie uitgeroei word nie, hoe Ek hulle ook al gestraf het; maar hulle het vroeg opgestaan en al hulle handelinge verderf. Wag daarom op My, spreek die HERE, tot die dag dat Ek opstaan vir die buit; want My voorneme is om die nasies te versamel, dat Ek die koninkryke kan versamel, om my grimmigheid oor hulle uit te stort, ja, al my gloeiende toorn. Want die hele aarde sal verteer word deur die vuur van my ywer.
SEFANJA 3:3-8 Die Boodskap (DB)
Die amptenare in die stad behandel gewone mense sleg en buit hulle uit. Die regters tree onregverdig op en is gulsig. Hulle kyk net heeltyd wat hulle uit ander mense kan kry en dink net aan hulleself. Die profete tree onverantwoordelik op, ’n mens kan nie glo wat hulle sê nie. Die priesters het nie respek vir die tempel waarheen mense kom om die Here te aanbid nie. Hulle verdraai ook die opdragte van die Here na hulle smaak. Maar ten spyte van al hierdie verkeerde dinge, bly die Here nog in die stad. Hy doen nooit enige verkeerde dinge nie. Elke dag, sonder uitsondering, sorg die Here dat mense weet wat reg is, selfs al steur mense hulle nie daaraan nie. Feit van die saak is, hierdie slegte mense kry mos op geen manier skaam vir al die verkeerde dinge wat hulle doen nie. Die Here sê dat Hy al die verskillende volke heeltemal uitgewis het. Hy het hulle stede wat hulle sterker gemaak het en waarin hulle wegkruip as gevaar dreig, vernietig. Hierdie stede is nou verlate, daar is nie meer enige mense in die strate te sien nie. Niemand het in hierdie stede oorgebly nie, daar is nie ’n enkele inwoner oor nie. Die Here het gedink dat die mense van Jerusalem Hom nou sou respekteer na hulle alles gesien en gehoor het wat Hy kan doen, en dat hulle Hom voortaan sou gehoorsaam. Dan sou dit nie vir Hom nodig gewees het om die stad weer te straf nie. Maar nee, hulle het met meer energie as ooit tevore aangehou om verkeerde dinge te doen. Dit het die Here nie gelukkig gemaak nie. Die Here het toe vir Jerusalem gesê dat hulle reg moet wees vir wat voorlê. Die tyd van afrekening is om die draai. Hy sê Hy het besluit dat Hy volke en koninkryke iets van sy vreeslike woede gaan laat beleef. Hy kan hierdie volke nie verdra nie. Daarom sal Hy die hele wêreld iets laat ervaar van sy woede wat soos die hitte van ’n vuur alles verskroei.
SEFANJA 3:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die stadsleiers is soos brullende leeus wat jag maak op hulle prooi. Die regters is wolwe wat snags aas soek en teen die môre niks oorlaat nie. Die profete is verwaande leuenaars wat net hulle eie voordeel soek. Die priesters verontreinig die tempel en oortree God se voorskrifte. Maar die HERE bly nog in die stad. Hy doen geen onreg nie. Dag vir dag is sy uitsprake regverdig, elke nuwe dag sonder uitsondering. Maar niemand sien dit raak nie, en goddeloses ken geen skaamte nie. “Ek het baie nasies uitgeroei, hulle verdedigingsmure vernietig. Ek het hulle strate so beskadig dat hulle onbegaanbaar is. Ek het hulle stede só verwoes dat geen inwoners oor is nie. Hulle is heeltemal verlate. Ek het gedink: ‘Nou sal hulle My eer en respekteer! Hulle sal my voorskrifte nou seker met erns beskou. Dan sou dit nie nodig wees om die stad weer te tref nie.’ Maar die teendeel is waar. Hoe swaar Ek hulle ook al straf, met ywer gaan hulle voort om sondige dinge te doen.” Maar nou sê die HERE: “Wees geduldig, want die tyd breek aan vir My om met regspraak te begin. Ek sal die nasies versamel en koninkryke bymekaarmaak. My toorn en brandende woede sal Ek oor hulle uitstort. Die hele aarde sal verteer word deur die vuur van my woede.