Jy moenie na my kyk nie, jou oë maak my senuweeagtig. Jou hare is soos 'n trop bokke wat afkom teen Gilead-berg. Jou tande is so wit soos 'n trop skaap-ooie wanneer iemand hulle gewas het. Elke ooi het tweeling-lammers, en almal het lammers. Jou wange is soos stukke granaat agter jou sluier. “Die koning het 60 vroue en 80 byvroue en so baie jong vroue dat 'n mens hulle nie kan tel nie. Maar daar is net een vrou soos sy, sy is my duif, alles aan haar liggaam is perfek. Sy is die enigste dogter van haar ma, sy is die een vir wie haar ma baie lief is. Wanneer die ander jong vroue haar sien, dan sê hulle sy is gelukkig, die vroue en die byvroue van die koning prys haar. Hulle sê: ‘Wie is dit wat na ons toe kom soos 'n nuwe dag, so mooi soos die maan, so helder soos die son? Sy is so mooi dat ons bang word vir haar.’ ” Hy sê: “Ek het na die neute-tuin gegaan om te kyk na die groen plante in die vallei, om te kyk of die wingerdstokke nuwe blare kry en of daar blomme aan die granaatbome is. Ek weet nie wat met my gebeur het nie. Dit het gevoel of sy my laat ry op my volk se beste oorlogkarre.” Die vroue sê: “Sulammitiese vrou, jy moet terugkom, jy moet terugkom! Jy moet terugkom, jy moet terugkom, ons wil jou sien!”
Lees Hooglied 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hooglied 6:5-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's