Sy sê: “Meisies van Jerusalem, ek is bruin gebrand, maar ek is mooi, so mooi soos die tente in die land Kedar, soos die tente van Salomo. Julle kyk na my omdat ek bruin gebrand is, omdat die son my so gebrand het. Julle moenie so na my kyk nie. My broers was kwaad vir my, hulle het gesê ek moet die wingerde oppas, en daarom kon ek nie my vel mooi hou nie.” Sy sê: “Ek is lief vir jou, jy moet vir my vertel waar jy jou skape en bokke laat wei, waar jy hulle laat rus op die warmste tyd van die dag. Ek wil nie my gesig toemaak en jou soek by jou vriende se troppe skape en bokke nie.” Hy sê: “Jy, mooiste van al die vroue, as jy dit nie kan uitvind nie, dan moet jy loop op die spore van die skape en die bokke, en jy moet jou bokkies laat wei by die skaapwagters se tente.” Hy sê: “My liefste, jy is vir my mooi, so mooi soos 'n perd voor die farao se oorlogkar. Jy dra oorbelle langs jou wange en kettinkies om jou nek. Ons sal vir jou oorbelle maak van goud met silwer knoppe daarin.” Sy sê: “Terwyl die koning naby was, het hy my nardus geruik. Die man vir wie ek lief is, is vir my soos 'n sakkie mirre tussen my borste. Die man vir wie ek lief is, is vir my soos 'n henna-tros in die wingerd van die stad En-Gedi.” Hy sê: “My liefste, jy is regtig mooi, regtig, jy is mooi, jou oë is soos duiwe.”
Lees Hooglied 1
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Hooglied 1:5-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's