Boas het met Rut getrou, en die Here het vir haar 'n seun gegee. Die vroue het vir Naomi gesê: “Ons prys die Here wat iemand gegee het wat jou nou kan help. Ons bid dat hierdie kind 'n belangrike man sal word in die volk Israel. Ons bid dat hy jou gelukkig sal maak en vir jou sal sorg wanneer jy oud is. Hy is die kind van jou skoondogter wat baie lief is vir jou en wat vir jou beter is as sewe seuns.” Naomi het die kind op haar skoot geneem en sy het vir hom gesorg. Die buurvroue het vir die seun 'n naam gegee. Hulle het gesê: “Naomi het nou 'n kind,” en hulle het hom Obed genoem. Obed was die pa van Isai, en Isai was die pa van Dawid.
Lees Rut 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Rut 4:13-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's