Want ons glo in ons hart, en daarom spreek God ons vry. En ons sê met ons mond dat ons glo, daarom red God ons. Want in die Ou Testament is geskryf: Die mense wat in Hom glo, sal wen, Hy sal hulle nie alleen los nie. Ja, Hy spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie, Jode of mense wat nie Jode is nie. Hy is Here van almal en Hy is baie goed vir almal wat vir Hom vra dat Hy hulle moet red. Want in die Ou Testament is geskryf: Die Here red almal wat tot Hom bid en wat vra Hy moet hulle red. Maar mense kan net vir die Here vra dat Hy hulle moet red as hulle in Hom glo. En hulle kan net in die Here glo as hulle van Hom gehoor het. En hulle kan net van die Here hoor as iemand vir hulle preek. En mense kan net gaan preek as iemand anders hulle stuur om te gaan preek. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Dit is mooi wanneer iemand kom en goeie nuus bring. Maar die Israeliete het nie almal geglo nie. Daarom vra Jesaja: Here, wie het ons boodskap geglo? Mense kan net glo as hulle die boodskap gehoor het, en die boodskap wat hulle moet hoor, is die boodskap oor Christus. Ek vra: Het die Israeliete die boodskap gehoor? Ja, hulle hét dit gehoor, dit is seker, want in die Ou Testament is geskryf: Hulle boodskap het gekom by al die mense op die aarde, die dinge wat hulle sê, het gekom by al die mense van die wêreld. Ek vra: Het die Israeliete die boodskap verstaan? Ja, hulle hét dit verstaan, want Moses het lank gelede gesê dat God sê: Ek sal julle jaloers maak op 'n volk wat nie regtig 'n volk is nie, en Ek sal julle kwaad maak vir 'n volk wat niks verstaan nie. En later het Jesaja dit reguit gesê. Hy het gesê dat God sê: Ek het mense na My toe laat kom wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie gevra het waar Ek is nie. Maar God sê oor die Israeliete
Lees Romeine 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Romeine 10:10-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's