Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos. Soos die Skrif sê: “Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” Inderdaad! Dit maak geen verskil of jy ’n Jood of ’n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here en Hy deel sy rykdomme uit aan almal wat Hom aanroep. Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word”. Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring? En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: “Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!” Maar tog is dit nie elkeen wat die Goeie Nuus verwelkom nie. Jesaja vra tereg: “Here, wie het ons boodskap geglo?” Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus. Maar wat nou van die Jode? Het hulle die boodskap dalk nie gehoor nie? Hulle het dit definitief gehoor: “Die boodskappers se stem het oor die hele wêreld uitgegaan; hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.” Of sou Israel dit dalk nie verstaan het nie? Tog wel, want God het alreeds deur Moses gesê: “Ek sal julle jaloers maak op mense wat eintlik geen volk is nie; Ek sal julle kwaad maak oor ’n volk wat nie julle kennis het nie.” Jesaja gaan selfs verder. Dáár sê God: “Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie; Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Maar wat Israel betref, sê God: “Die hele dag deur het Ek my arms na hulle toe uitgesteek; maar hulle het steeds volhard in hulle ongehoorsaamheid en het steeds bly teëstribbel.”
Lees ROMEINE 10
Luister na ROMEINE 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: ROMEINE 10:10-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's