Psalms 30:8-12

Psalms 30:8-12 ABA

Here, U was goed vir my, U het my sterk laat staan soos 'n berg. Maar toe U my nie meer wil sien nie, het ek bang geword. Here, ek het tot Ú gebid, net tot U, ek het gesoebat dat my Here vir my moet help. Wat sal U kan wen as ek sterf, as ek afgaan na die doderyk? Mense wat dood is, kan nie vir U prys nie, hulle kan nie vertel dat U altyd doen wat U belowe het nie. Here, U moet luister, U moet genadig wees vir my, Here, dit is U wat vir my moet help. Ek het gehuil en getreur, maar U het my laat dans. U het my rouklere weggevat en my laat feesvier.

Video vir Psalms 30:8-12

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 30:8-12